Veterane wil militu00eare status hu00ea
Veterane wil militu00eare status hu00ea

Veterane wil militêre status hê

Die regering moet alle voormalige soldate help om ten volle in die samelewing geïntegreer te word, vra trust.
Catherine Sasman
Catherine Sasman – Die Namibiese Oorlogveteranetrust (Namvet) sê sy lede dring nie aan op die status van oorlogsveterane nie, maar eerder op die status van militêre veterane.

Namvet se voorsitter en woordvoerder, mnr. Jabulani Ndeunyema, sê die oudsoldate het nooit gevra om as veterane van Swapo se oorlog in ballingskap erken te word of aangedring op insluiting by die Veteranewet van 2008 nie.

Volgens Namvet is dié wet in elk geval net in die lewe geroep om sommige Swapo-lede te bevoordeel.

“Daar is ’n groot verskil tussen veterane van die bevrydingstryd en veterane van die Gebiedsmag (SWATF) en Koevoet, wat as teenvoeter vir die vestiging van kommunisme in Namibië moes dien. Bevrydingsveterane is militêr en burgerlik en omdat sommige nie militêre veterane was nie, val hulle onder die Veteranewet van 2008. Dit is waarom daar nie ’n militêre veteranewet in Namibië is nie,” het Ndeunyema gesê.

Namvet het die instel van ’n militêre veteranewet voorgestel wat vir voormalige PLAN-, SWATF- en Koevoet-lede, sowel as lede van die Namibiese weermag (NDF), voorsiening sal maak.

“Alle militêre veterane wêreldwyd is daarop geregtig om voordele van hul onderskeie regerings te ontvang. Die voordele moet bepaal word deur die individuele militêre veterane se behoeftes en dit moet die ongelykhede van die verlede uitwis,” het Namvet voorgestel.

Ndeunyema sê die organisasie dring sedert 2004 daarop aan om in aanmerking te kom vir voordele wat deur voormalige PLAN-vegters geniet word, wat ook ’n gedeelte van die N$36 miljoen ontvang het wat die Suid-Afrikaanse regering vir voormalige SWATF- en Koevoet-lede bewillig het.

“As ons nie hul geld kan deel soos wat ons óns s’n, danksy die beleid van nasionale versoening, gedeel het nie, moet die Namibiese regering ons geld terugbetaal,” het Ndeunyema gesê.

Volgens hom was die eenmalige betaling van N$1 300 aan elke oudsoldaat kort ná onafhanklikwording heeltemal onvoldoende - veral vir dié wat ernstige beserings opgedoen het of aan permanente geestessiektes ly weens hul tyd in die weermag.

“Alle militêre veterane in Namibië het ’n dringende behoefte aan voldoende gesondheids- en mediese sorg en ondersteuning, veral op die gebiede van tuissorg vir dié met chroniese siektes, voldoende rehabilitasie en berading,” het Ndeunyema gesê.

Volgens hom was daar tot dusver geen omvattende berading vir oudsoldate nie - ongeag of hulle voormalige PLAN-, SWATF- of Koevoetlede is.

Ndeunyema het ook kapsie gemaak teen ’n verklaring deur die voormalige NDF-hoof, mnr. Martin Shalli, wat president Hage Geingob se stelling ondersteun dat voormalige SWATF- en Koevoet-lede nie as veterane onder die veteranewet erken sal word nie.

“Mense sê ons maak ’n grap,” het Ndeunyema gesê.

“Ons weet hoe moeilik ons taak is, maar niks sal ons stryd teen die onreg van ’n swart regering keer nie. Daar is net drie goed om na te volg: die viering van 'een Namibië, een nasie’ of verwoesting, dood of die tronk.”

Hy het voorts gesê hy verstaan die situasie waarin sommige lede van die vryheidstryd, asook Shalli, hulself bevind.

“Sy deelname aan die vryheidstryd moenie ’n voorvereiste wees om geregtig te wees op die land se hulpbronne nie. Hy moenie vergeet hy is die voormalige Suid-Afrikaanse brigadier-generaal, Karl Ndjoba, wat in die koloniale weermag saam met my gewerk het, se beste vriend nie.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!