Veteranewet ‘onverdedigbaar’
Catherine Sasman - Die uitvoerende direkteur van die Forum for the Future (FFF), mnr. Samson Ndeikwila, sê die Wet op Veterane van 2008 is “onverdedigbaar” en moet daarom hersien en gewysig word om inklusief te wees.
Volgens hom is die wet ingestel om die regerende Swapo-elite, Oshiwambo-sprekendes en sommige Swapo-lede te bevoordeel waar staatsgeld gebruik word om mense ten gunste van Swapo te mobiliseer.
“Die wet moet al die voormalige vegters insluit, ongeag watter kant van die oorlog hulle geveg het. Ná ’n oorlog word die gewone soldaat nie gestraf nie. Gruweldade wat gepleeg was, moet geïdentifiseer word en diegene wat aangekla moet word, moet die weermaggeneraals wees. Diegene wat gewoonlik aangekla word, is diegene wat besluite geneem het,” het Ndeikwila gesê.
Hy het bygevoeg dat San- en Ovahimba-oudsoldate van SWATF/Koevoet wat die meeste deur armoede en droogte geraak word, eerste vir insluiting in die wet oorweeg moet word.
Ndeikwila het hierdie opmerkings Saterdag in Katutura gemaak ná ’n openbare bespreking oor diskriminasie teen voormalige SWATF-Koevoet-soldate in ’n onafhanklike Namibië.
Mnr. Hewat Beukes van die Workers Revolutionary Party (WRP) het gesê Swapo het versuim om die grondwetlike beginsels van 1982 en ander ooreenkomste, sowel as terme van arbeidskonvensies, na te kom deur sy weiering om dié oudsoldate skeidingslone, pensioene en versekering te betaal of werk in veral die weermag te skep.
Hy het gesê die ooreengekome ontwapening, demobilisering en herintegrasie van oudsoldate, insluitende PLAN-vegters, het nie plaasgevind nie. Hy het bygevoeg dat Westerse lande, die Sowjetunie en Suid-Afrika wat die ooreenkomste aangegaan het, nie verseker het dat dit uitgevoer word nie.
Daarbenewens het hy gesê oudsoldate het nie doeltreffende leierskap gehad om toe te sien dat die ooreenkomste deurgevoer word nie.
Beukes het gesê daar is “diepgaande politieke redes” waarom Swapo misluk het om oudsoldate te demobiliseer en herintegreer.
Hierdie redes, het hy gesê, is glo omdat die Swapo-elite “hulself so vinnig as moontlik wou verryk” asook weens ’n gebrek aan goedertrou onder die “makelaars van die ooreenkomste”.
“Die misdaad in hierdie situasie is dat die regering nie ’n deel van die samelewing wil erken nie. Regerings is daar om alle mense, nie net een groep nie, op te hef,” het Beukes gesê.
Hy voer aan dat daar nie gedwonge diensplig in die weermag vóór onafhanklikwording sou gewees het nie as die Verenigde Nasies (VN) die land se mense nie die reg op selfbeskikking ontneem het nie deur Swapo as die “uitsluitlike en outentieke” verteenwoordiger aan te wys. Beukes sê oudsoldate, SWATF-Koevoet en baie van PLAN, word steeds benadeel omdat hulle werk en ’n inkomste geweier word.
Hy het voorgestel dat hierdie oudsoldate ’n duidelike program moet opstel om die “ontkenning van Swapo teen te werk”.
“Wat is dit wat julle wil hê?” het hy die oudsoldate gevra en bygevoeg: “Geld waarop julle geregtig is, behoort nie aan Swapo nie. Hulle het hier in 1989 gekom; dit is nie vir hulle om te besluit nie. ’n Plan van aksie moet ook die vyf Westerse lande insluit wat die ooreenkomste aangegaan het. Hulle moet sê waarom julle nie betaal is nie.”
Mnr. Phil ya Nangoloh, uitvoerende direkteur van NamRights, het die oudsoldate aangemoedig om die Swapo-regering voor die hof te daag oor die “diskriminerende, sogenaamde” veteranewet.
Ya Nangoloh het gesê die land ervaar ’n “siekte van diskriminasie” wat deur ’n Owambo-elite in Swapo voortgesit is.
“Die meerderheid wat die regerende party beheer, is etniese Oshiwambo-sprekendes. Apartheid vandag is dieselfde as 30 jaar gelede. Dit is waarom daar wette is wat teen sekere mense diskrimineer en ander begunstig,” het hy gesê en bygevoeg: “Die probleem gaan dieper as die kwessie van oudsoldate van SWATF-Koevoet en PLAN. Die probleem is apartheid deur swart teen swart en hoe die oorlog gevoer was.”
In ’n direkte boodskap aan pres. Hage Geingob het Ya Nangoloh gesê: “Hy kan nie soos Sam Nujoma optree nie; hy moet verander. Dit is die enigste manier hoe die Harambee-welvaartprogram uitgevoer kan word.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie