• Tuisblad
  • Sake
  • Viceroy gaan glo nóg ’n SA maatskappy aanval
Viceroy gaan glo nu00f3g u2019n SA maatskappy aanval
Viceroy gaan glo nu00f3g u2019n SA maatskappy aanval

Viceroy gaan glo nóg ’n SA maatskappy aanval

Viceroy gaan binne die volgende paar dae nog ’n Suid-Afrikaanse maatskappy aanval, sê die uitvoerende hoof van Capitec.
Gerrie Fourie, uitvoerende hoof van Capitec, het voor die parlement se staande komitee oor finansies geantwoord op vrae oor waarom hy dink Viceroy vir Capitec aangeval het.

Fourie meen Viceroy het in Desember heelwat geloofwaardigheid gekry in reaksie op hul verslag oor Steinhoff. Sowat 80% van hul verslag het egter bestaan uit Duitse navorsing wat al ses maande gelede gepubliseer is.

Capitec se aandeelprys het op ’n baie hoë vlak verhandel toe Viceroy met sy aanval begin het, en Viceroy het al uitdruklik op Bloomberg TV erken hulle het kortposisies op Capitec se aandeelprys uitgeneem, verduidelik Fourie.

Dit is waar ’n belegger verwag dat ’n aandeelprys gaan val en hulle “verkoop” dan vooruit die aandeel wat hulle nog nie besit nie, om dit later terug te “koop” nadat die prys geval het. Die verskil tussen die twee transaksies is sy wins.

Fourie sê dit is bekend dat Viceroy onlangs gewaarsku het hy gaan binnekort weer ’n verslag oor ’n Suid-Afrikaanse maatskappy uitreik.

Kom besoek ons - Viceroy

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het aan die komitee gesê een van die drie beleggers wat deel is van Viceroy het die FSCA onlangs ’n week gegee om hom in New York te kom besoek om sy klagtes oor Capitec te bespreek. Maar dit was onmoontlik omdat daar nie genoeg tyd sou wees om die visumaansoeke te doen nie, en die FSCA sou ook met die Amerikaanse sekuriteite-owerheid moes skakel.

’n Nuwe datum in Junie of Julie is nou gegee waar die FSCA sal probeer om die Viceroy-verteenwoordiger in Amerika of Brittanje te gaan besoek.

Ismail Momoniat, adjunkdirekteur-generaal van die nasionale tesourie, sê dit sou vermorste besteding wees om daarvoor New York toe te vlieg. As Viceroy so ernstig was oor probleme met ’n Suid-Afrikaanse bank, sal hulle self na Suid-Afrika kom.

Momoniat sê Viceroy het self gesê sy inligting oor Capitec is in die openbare domein, en dat hulle van plan is om handel te dryf op grond van die reaksie op sy verslag.

Capitec se markaandeel in die ongesekureerde leningsmark is sowat 24%, met banke wat saam sowat 80% van die mark het, sê Fourie.

Hy meen Capitec het gehelp om meer mense toegang tot lenings te gee.

Tot 76% van hul kliënte het meer as 40% vrye kontantvloei, wat volgens hom heel gesond is.

Floyd Shivambu, EFF-lid van die komitee, sê Capitec is ’n “loan shark” (roekelose mikrolener) wat mynwerkers uitbuit.

Fourie het dit ontken. Tot 65% van die ongesekureerde lenings word gebruik vir onderwysuitgawes, sê Fourie. Hy meen Capitec help dus mense om hul lewe te verbeter. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-01-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 18° | 23° Oshakati: 21° | 24° Ruacana: 21° | 26° Tsumeb: 19° | 24° Otjiwarongo: 15° | 25° Omaruru: 18° | 28° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 17° | 22° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 19° | 29° Mariental: 22° | 31° Keetmanshoop: 25° | 36° Aranos: 23° | 33° Lüderitz: 17° | 24° Ariamsvlei: 28° | 39° Oranjemund: 16° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 22° | 31° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 30° Maseru: 19° | 32° Antananarivo: 15° | 30° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 19° | 24° Durban: 22° | 30° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 24° Harare: 17° | 24° #REF! #REF!