Viceroy gryp na strooihalms, sê Capitec-stigter
Hanlie Stadler - Viceroy Research “gryp na strooihalms” deur te impliseer Capitec-bestuurslui raak voor die voet van aandele ontslae.
So sê Riaan Stassen, medestigter en voorsitter van die bank se direksie, nadat die groep kortverkopers onlangs getwiet het Capitec se “skakelwerk is verby en die bestuur verkoop weer aandele”.
Dit was nadat Stassen op 29 Maart 12 500 aandele vir net meer as R11 miljoen verkoop het teen gemiddeld R889,70 per aandeel. Die transaksie is op 3 April op die JSE se nuusdiens, Sens, verklaar, soos vereis word wanneer direkteure of verwante partye aandele verhandel.
Stassen sê dié aandele is bloot aandele-opsies wat hy ontvang het en besluit het om te verkoop. Die opbrengs daaruit is grootliks gebruik om die belasting en opsiewaarde te betaal.
Ná dié transaksie hou hy steeds 902 000 aandele in Capitec, wat teen Maandag se sluitingstydprys van R869,48 nagenoeg R784 miljoen werd is. Dit verteenwoordig ’n belang van net meer as 1%, wat Stassen steeds een van die 20 grootste aandeelhouers in Capitec maak.
Buitelandse belegging
Stassen het in Desember – die maand waarin Capitec sy rekordhoogtepunt gehaal het – ’n aansienlik gewigtiger transaksie gedoen toe hy 50 000 aandele vir R49 miljoen verkoop het.
Oor dié transaksie sê Stassen hy verkoop elke Desember aandele ten einde sy persoonlike beleggingsportefeulje te herbalanseer. Hy gebruik van die geld om in die buiteland te belê, waar hy meen hy meer beleggingsopsies het.
“Ek bestuur my persoonlike finansiële sake baie konserwatief. Elke batebestuurder sal vir jou sê om meer as 50% van jou geld in een aandeel te belê, is riskant, selfs al het jy hoeveel vertroue in daardie maatskappy.”
Stassen meen Viceroy “het die geveg verloor”, maar gaan beslis nie stil-stil wegraak nie.
Twyfelagtige verslag
Die groep kortverkopers het einde Januarie ’n uiters twyfelagtige verslag oor Capitec uitgereik waarin daarop gesinspeel is dat Capitec sy boeke bekook en lenings roekeloos aan arm verbruikers toestaan. Baie van die inligting is sedertdien as verouderd uitgewys of heeltemal weerlê.
Kortverkopers, wat voordeel daaruit trek as ’n aandeelprys val, doen niks onwettigs deur te “wed” ’n aandeelprys gaan daal nie. Dit word wel as uiters oneties en selfs onwettig – as dit bewys kan word – beskou om inligting te versprei met die uitsluitlike doel om die aandeelprys af te druk.
Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA), wat die Raad op Finansiële Dienste vervang het, ondersoek of Viceroy Capitec se aandeelprys gemanipuleer het en kyk ook na die verhandeling in die maatskappy se aandele om onreëlmatighede te probeer opspoor.
Viceroy word in die VSA deur MiMedx gedagvaar vir soortgelyke gedrag.
Stassen sê die bank het pas sy jaarsyfers uitgereik en, gegewe die druk op die ouditprofessie ná skandale by onder meer KPMG en Steinhoff, is Capitec se ouditeure, PwC, met ’n fynkam deur die resultate. Die resultate weerlê Viceroy se poging om agterdog oor die maatskappy te wek.
“Ek het gehoop die stof sou nou al gaan lê het. Dis baie ontwrigtend. Maar die mark moet aanvaar dat Virceroy nie net sal gaan lê nie.”
Stassen verwag dat Viceroy nog minstens ses maande lank sal probeer om Capitec in ’n slegte lig te stel.
Hy is “teleurgesteld” dat beleggers hulle wel in so ’n groot mate aan die Viceroy-verslae en -bewerings gesteur het.
Steinhoff-bom
Die Capitec-verslag het gekom minder as twee maande nadat die bom begin Desember by Steinhoff gebars het – die aankondiging van rekenkundige onreëlmatighede waarvan die besonderhede steeds vaag is – en beleggers was besonder vatbaar vir slegte nuus.
Capitec se aandeelprys het in ’n stadium met tot 34% geval, van R1 069,30 op 25 Januarie tot net R705. Dit was Maandag 1,5% hoër vir die dag, maar steeds 18,69% laer as op 25 Januarie.
Stassen sê hy is nie te bekommerd oor die daling nie, aangesien die meeste batebestuurders Capitec se billike waarde as tussen R850 en R1 300 per aandeel beskou. Die aandeel is dus eintlik nou op ’n “realistiese vlak”. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie