Victory Race lok honderde deelnemers na Keetmans
Twee lede van die Namibiese weermag, Alina Armas en Uveni-Nawa Kuugongelwa, was die algehele wenners van die Old Mutual Victory Race wat onlangs op Keetmanshoop gehou is.
Volgens ? verklaring wat ná die geleentheid uitgereik is, het 858 deelnemers van oor die hele land na Keetmanshoop gereis om aan die wedren deel te neem. Gestremdes het ook onder die deelnemers getel.
Armas het die 21 km-roete in 1:18:37 voltooi en daarmee die eerste plek ingepalm. Kuugongelwa het die wedren in 1:08:12 voltooi om met die eerste plek in die mansafdeling weg te hardloop. Sieglinde Gontes was die wenner in die veterane afdeling vir vroue in ? tyd van 1:47:22, terwyl Oscar Komeya in ’n tyd van 01:11:26 die wenner in die veterane afdeling vir mans was.
In die junior afdeling het Shekupe Gustaf ? tyd van 01:38:22 aangeteken terwyl Joel Angula die wedren in ? tyd van 01:15:31 voltooi het.
“Ons is daartoe verbind om gemeenskappe by te staan en sien uit na ’n toekoms waar die Old Mutual-stigting se beleggings in die gemeenskap nog meer kan bereik,” lui die verklaring.
? Belegging van altesame N$75 000 het verseker dat die geleentheid plaasgevind het.
Bydraes deur ander ondernemings het meegebring dat meer skole in verskillende kategorieë kon deelneem, wat om die beurt help om groter deelname aan die sport aan te moedig.
Benewens die kontantpryse wat op die spel was, borg Old Mutual die algehele vroue- en manswenners se deelname aan volgende jaar se Two Oceans-Ultramarathon wat in Kaapstad plaasvind.
Die volgende Old Mutual Victory Race vind op 27 Junie op Swakopmund plaas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie