vida e caffè méér as net 'n koffiewinkel
Sedert vida e caffè in November 2014 sy deure in The Grove Mall in Windhoek geopen het, stroom koffieliefhebbers van oor die land soontoe om te kan deel in die atmosfeer wat hierdie bekende franchise bied.
“Ek het besluit om die vida-franchise na Namibië te bring – nie net om die beste koffie (met espresso as basis) aan kliënte te bied nie, maar om hulle ook bekend te stel aan die atmosfeer wat die Europese leefstyl van ouds weerspieël. Vandaar die naam ‘vida e caffè’, wat beteken ‘lewe en koffie’,” vertel die eienaar, Jandré Germishuizen.
Vida se Arabica-koffiebone word gekweek op hoogtes tussen 1 000 en 2 000 meter bo seevlak op plase in Brasilië en Honduras, waarvandaan dit na Kaapstad verskeep word en dan by vida se hoofkantoor gerooster word. Hul koffiebone is laag in kaffeïen, maar volop in aroma en smaak en vir die kaffeïenvrye koffies, word die kaffeïen deur middel van ’n natuurlike stoomproses verwyder.
Die eerste vida e caffè is in 2001 in Kloofstraat, Kaapstad, geopen en vandag spog dié franchise met 186 koffiewinkels wêreldwyd. Danksy die goeie terugvoer wat vida in Namibië ontvang het, gaan die franchise binnekort hier ook verder uitbrei.
“Op my eerste besoek aan vida, Kaapstad, was ek vasgevang in die atmosfeer en die hele samestelling wat die winkel so uniek maak en daarom is my teikenmark hiér ook mense wat van koffie en die lewe hou en hulself as’t ware as koffie-connoisseurs beskou,” het Germishuizen aan Kollig gesê.
Germishuizen verduidelik dat die fondasie van hierdie franchise gebaseer is op die eenvoud van die dekor, die gehalte koffie en kos wat bedien word en dat dit alles bydra tot die egte Europese straatkafee-kultuur wat deur die algehele konsep van elke vida-winkel geskep word.
Besoek vida e caffè op Facebook, Twitter, Instagram en www.vidaecaffe.com óf nog beter, loer gerus self in op Maandae tot Saterdae vanaf 08:00 tot 19:00 of Sondae vanaf 09:00 tot 17:00.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie