Video glo om Gigaba af te pers
Video glo om Gigaba af te pers

Video glo om Gigaba af te pers

Die buurland se minister van binnelandse sake sê dié video het uitgelek toe daar ingedring is by sy foon “om kommunikasie te steel”.
Andrea Küsel



'n Video met materiaal van 'n “seksuele aard” is gebruik in pogings om hom af te pers, het Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, gisteroggend op sosiale media gesê.

Gigaba het op sy Twitter-rekening geskryf dat hy en sy vrou met “spyt en hartseer” uitgevind het dat 'n video, wat “slegs vir ons oë bedoel was” nou die rondte doen onder sekere politieke figure. Hy sê dié video het uitgelek toe daar ingedring is by sy foon in 2016 of 2017 “om kommunikasie te steel”.

My wife and I have learned, with regret and sadness, that a video containing material of a sexual nature, meant for our eyes only, which was stolen when my communication got illegally intercepted/my phone got hacked, in 2016/17, is circulating among certain political figures. . .

— Malusi Gigaba (@mgigaba) October 28, 2018

“Hierdie video was sentraal tot 'n aantal pogings van afpersing en uitbuiting, wat terugdateer tot die tydperk onmiddellik ná my aanstelling as minister van finansies op 31 Maart 2017,” lui een van die twiets.

Gigaba sê hy het geweier om dié pogings van afpersing te duld.

Hy sê die afpersing en die onwettige indringing van sy foon is by die relevante owerhede en inligtingsagent­skappe aangemeld.

“Ek wil van hierdie geleentheid gebruik maak om in die openbaar om verskoning te vra aan die res van my familie, veral my kinders, my ma en my skoonouers, en die Suid-Afrikaanse publiek vir die pyn en vernedering wat die verspreiding van dié private materiaal gaan veroorsaak.”

I take this opportunity to publicly apologise, in advance, to the rest of my family - especially my kids, my mom and my in-laws - and the South African public for the pain and embarrassment the likely wider distribution of this private material will cause. . .

— Malusi Gigaba (@mgigaba) October 28, 2018

Gigaba skryf hy hoop die nasie sal eendag die vraag vra of dit reg is om só inbreuk te maak op iemand se privaatheid.

Volgens Gigaba het hy die openbarebetrekkinge-maatskappy Kapital Mindz genader om alle medianavrae rondom die kwessie te hanteer. 

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!