Video oor Namibiu00eb pluk aan hartsnare
Video oor Namibiu00eb pluk aan hartsnare

Video oor Namibië pluk aan hartsnare

Tanja Bause
Tanja Bause – Die nuwe video wat Gondwana Collection Namibia Vrydag vrygestel het, het binne 'n kort rukkie soos 'n veldbrand op sosialemediaplatforms versprei.

Levinge Dennis van The Fate of H sing Queen se liedjie “I want to break free” op die video wat Namibië op sy beste wys.

Mnr. Manni Goldbeck van Gondwana sê hulle het die afgelope sowat ses jaar elke einde van die jaar kragte met 'n Namibiese kunstenaar saamgesnoer om 'n “Holiday Song” en video vry te stel as 'n dankie sê vir al die mense wat Gondwana en die land gedurende die jaar ondersteun het.

“Ons het in die verlede saam met kunstenaars soos Ees, Savannah en The Fate of H gewerk. Ek het die lied van Freddy Mercury iewers gehoor en onmiddellik aan Levinge gedink om dit te sing. Ons het in die laaste paar maande baie video-opnames van veral die groen landskap geneem, maar het ook baie opnames gehad wat voor die tyd geneem is en besluit om die video te maak.”

“Ons het gedink die video is goed, maar het nie gedink dat dit só vinnig sal versprei nie. Ons het binne 10 minute ná die vrystelling kommentaar vanaf Duitsland ontvang. Ons het talle boodskappe gekry van mense wat sê hulle is in trane nadat hulle die video gekyk het. Mense wat sê hulle het dit al vir die vyfde keer gekyk en elke keer raak hulle emosioneel,” het Goldbeck gesê.

Conrad Hegarty van The Fate of H het dié weergawe van Queen se liedjie vervaardig. Hy speel ook die kitaar op die video. Adam Brandon-Kirby het dit gemeng en speel die dromme en Dennis is die sanger.

Hulle het in 2019 die liedjie “Throw your troubles away” geskryf en as een van Gondwana se vakansieliedjies gesing.

“Manni het my genader en gesê hy wil 'n video maak om Namibië as reisbestemming te bevorder, veral ná die hoktyd. Conrad en Adam het die liedjie verwerk en saamgestel en ek het dit gesing. Dit was 'n voorreg om nie net die land nie, maar ook ons groep The Fate of H te kan bevorder,” het Dennis gesê. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!