Video wys kratte vol Khashoggi-oorskot
'n Turkse televisiekanaal het 'n video gewys wat glo toon hoe die Saoedi-Arabiese joernalis Jamal Khashoggi se oorskot in vyf kratte by die huis van die Arabiese konsul-generaal ingedra word.
Die huis is naby die Saoedi-Arabiese konsulaat waar Khashoggi glo vroeg in Oktober vermoor is.
'n Turkse regeringsamptenaar het gesê die beeldmateriaal, wat deur die kanaal A Haber uitgesaai is, lyk outentiek.
Ook die koerant Sabah het skermgrepe daarvan gepubliseer.
BY HUIS AFGELAAI
Die Saoedi-Arabiese owerhede wou nie op navrae oor die video reageer nie.
Khashoggi was 'n fel kritikus van kroonprins Mohammed bin Salman. Hy was onder meer 'n rubriekskrywer vir The Washington Post nadat hy verlede jaar na Amerika uitgewyk het.
Volgens Sabah is die vyf kratte om 03:09 met 'n swart minibus by die konsul-generaal se huis afgelaai.
Saoedi-Arabië het al erken dat Khashoggi in sy konsulaat in Istanboel vermoor is.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie