Videomateriaal wys tref-en-trapongeluk
Sekuriteitskameras by die vulstasie op die hoek van Sam Nujoma- en Talstraat wys in gru-besonderhede hoe die tref-en-trapongeluk plaasgevind het.
Elvira Hattingh - Videomateriaal van me. Leandri van der Walt (25) se tref-en-trap-ongeluk Saterdagoggend laat dit lyk of sy tydens ’n stryery tussen jong mans raakgery is.
Dít volg nadat mnr. Ruandre Wessels (31) Maandagoggend vir onder meer poging tot moord in die Windhoek-landdroshof verskyn het.
In die video lyk dit of sy gestaan en toekyk het hoe die jong mans haaks raak toe sy getref is.
Wessels is Saterdag in hegtenis geneem enkele ure ná hy Van der Walt, ’n nasionale netbalspeler, glo agter die stuur van sy Citroen gestamp het en bo-oor haar gery het voor hy van die toneel weggejaag het.
Van der Walt, met skrape en beserings oraloor haar lyf, is steeds in die hospitaal en is erg getraumatiseer. Sy dra onder meer ’n nekstut weens ’n gebreekte nekwerwel.
Op die video kan gesien word hoe Wessels omstreeks 02:48 Saterdag deur die vulstasie op die hoek van Sam Nujoma- en Talstraat jaag.
’n Wit bakkie waarin Van der Walt die passasier blyk te wees, volg.
Wessels swenk skerp na regs en jaag oor die verkeerslig op die hoek en nog ’n keer deur die vulstasie, met die bakkie wat wéér volg. Hulle ry al om ’n middelman met plante op die hoek van die straat.
Toe Wessels ’n derde keer probeer om deur die vulstasie te jaag, hou die bakkie stil en die Citroen bots teen die bakkie se agterkant.
Dan sit Wessels sy Citroen in trurat en die bestuurder van die wit bakkie klim uit. Hy dra ’n heldergeel hemp. Van der Walt klim by die passasierskant van die bakkie uit en volg kort op dié man se hakke.
Dit lyk of dié man Wessels se passasier deur die oop motorvenster probeer toetakel.
Wessels jaag dan vorentoe en ry Van der Walt in die proses raak. Die Citroen se passasier val by die deur uit voor Wessels weer vorentoe jaag.
Die man in die geel hemp tel die beseerde Van der Walt op en begin met haar in sy arms in die rigting van die wit bakkie hardloop.
Die Citroen stuur skynbaar met mening op hulle af en bots ’n tweede keer teen die bakkie. Die man in die geel hemp slaag daarin om vinnig genoeg, met Van der Walt in sy arms, weg te kom.
Die Citroen beweeg dan weer agteruit en dit wil voorkom of hy teen sy passasier bots, wat steeds in die straat is en probeer opstaan.
In die video kan gesien word hoe Wessels se Citroen dan skynbaar van die toneel wegjaag, terwyl sy passasier sukkelend in die pad probeer opstaan en op die sypaadjie gaan sit.
Terselfdertyd help die man in die geel hemp die beseerde Van der Walt by die passasierskant van die wit bakkie in en ry in Sam Nujomaweg af.
Wessels, wat ook aangekla word van roekelose bestuur en die versuim om die skade van ’n ongeluk te bepaal, bly in aanhouding.
Die saak is tot 5 Mei volgende jaar vir verdere ondersoek en die afhandeling van Wessels se sielkundige evaluering uitgestel.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie