Vier bejaardes doodgeskiet in katedraal in Brasiliu00eb
Vier bejaardes doodgeskiet in katedraal in Brasiliu00eb

Vier bejaardes doodgeskiet in katedraal in Brasilië

'n Rekenaarspesialis het Dinsdag vier mense in 'n Katolieke katedraal in Campinas, Brasilië, doodgeskiet.

Die man het nadat hy by die katedraal ingeloop het eers in 'n kerkbank gaan sit en toe weer opgestaan en op die klein groepie, meestal bejaarde lidmate geskiet.

Dit was ná afloop van die daaglikse middagmisdiens.

Vier mense is in die skietery beseer.

Hy het homself glo daarna geskiet in 'n oor-en-weer-skietery met die polisie.

Die skieter is as Euler Fernando Gandolfo (49), 'n stelselontleder met geen misdaadrekord nie, geïdentifiseer.

Pedro Rodrigues (66), 'n ooggetuie, sê hy het gesien hoe iemand skielik opstaan, voor 'n paartjie gaan staan, en hulle skiet.

“Ek het uitgehardloop en hy het aanhou skiet.”

Alexandre Moraes, 'n ander ooggetuie, sê Gandolfo het bloot op die mense losgebrand.

“Hulle was almal besig om te bid.”

Jose Henrique Ventura, Campinas-polisiehoof, sê die man het na die altaar gehardloop toe die polisie die katedraal binnekom. Hy het homself toe glo in die kop geskiet.
– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!