Vier buurlande kompeteer by Duneside, Gobabis
Perdesport
Spanne van Namibië, Suid-Afrika, Zimbabwe en Botswana is reeds by die Duneside perdesportsentrum buite Gobabis versamel vir 'n naweek van perdesportkompetisie getiteld die Afrika-skild driefase-byeenkoms, asook die Sanlam Eventing-reeks.
Inspeksie van die nuut geboude veldbaan met springhindernisse deur beamptes onder leiding van Douglas Welsh (tegniese afgevaardigde van die sport se wêreldbeheerliggaam, die FEI), tesame met veearts-inspeksies van die perde asook die loting van die spanne sal vandag geskied.
Deelnemers sal môre begin met die drie-fase kompetisie wat goedgunstiglik deur Toyota en Voermeester geborg word.
Môre se oggendsessie sal met die dressuur begin en word die namiddag met die springkompetisie op die veldbaan gevolg.
Sondagoggend word afgesluit met die skouspring, op die baan wat deur die FEI se baanontwerper Cord Cordes opgestel is.
Die FEI se toesighouers vir die byeenkoms is Christiane Hass en Lientjie de Wit, beide van Namibië.
SPANNE VAN VIER
Die Namibiese span vir die Afrika-skildkompetisie is vier begeesterde, jeugdige ryers. Hulle is Danika Gogol (met haar perd Charming Gale) en Daniela Imhof (Rolling Thunder) van Windhoek, Laura Jakob (Kiara) van Otjiwarongo en Emily Braune (Baron von Sphinxblick) van Swakopmund.
Suid-Afrika se spanlede is Tamara van Vuuren (Levi), Chane Smit (Carlisle's Anuk), Casey-Leigh Smit (Flika Speed) en Adrienne Macdonald Hutcheson (Waterford Flash).
Die Zimbabwe-span Amber Morris, Kylie Wright, Katie Loubser en Erin Elliot sal meeding op perde wat in Namibië geleen word.
Afsonderlik van die Afrika-skildkompetisie sal 15 Namibiese ruiters die springkompetisie oor hindernisse van 80 sentimeter aandurf. Die ruiters se strewe sal wees om punte vir die nuut bekendgestelde Sanlam Eventing reeks te verdien.
Gister is reeds 'n uithourit tussen spanne van Namibië en Botswana afgehandel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie