Vier Chinese word Vrydag gevonnis
Vier Chinese word Vrydag gevonnis

Vier Chinese word Vrydag gevonnis

Op twee klagte skuldig bevind
Francoise Steynberg
Francoise SteynbergDie vier Chinese mans wat op 24 Maart 2014 altesaam 14 renosterhorings en ’n gebreide luiperdvel in twee tasse by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako probeer uitsmokkel het, hoor Vrydag hul lot nadat hulle skuldig bevind is. Landdros Alexis Diergaardt het die vier beskuldigdes, Li Xiaoliang, Li Zhibing, Pu Xeuxin en Wang Hui, verlede Vrydag elk op twee klagte naamlik die besit en uitvoer van beheerde wildleweprodukte in die Windhoekse streekshof skuldig bevind. Sy het hulle onskuldig op die derde klag kragtens die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca) bevind.Die landdros het al vier se getuienis as onbetroubaar bestempel en gesê hulle het met ’n gesamentlike doelwit opgetree.“Ná al die bewyse en omstandighede het ek tot die slotsom gekom hul doelwit was om die 14 renosterhorings en gebreide luiperdvel uit die land te smokkel. Al vier het dié misdaad saam beplan,” het Diergaardt gesê.“Hulle het met ’n gesamentlike doelwit opgetree. Hulle het verskillende rolle gespeel, maar was die hele tyd saam in Namibië en word met mekaar geassosieer. Al vier het ook die twee tasse hanteer.”Diergaardt het bevind die Chinese het gedink hul aankoms in en vertrek uit Namibië sal nie verbind word nie, maar hulle is by die lughawe in hul spore gestop. “Hulle kon nie daarin slaag om die produkte uit te voer nie, maar ek is oortuig dat hulle wel probeer het om dit uit te voer,” het sy gesê“Hulle het ook net eenrigting-vliegtuigkaartjies gehad wat deur Wang gekoop is, waar normaalweg retoer-vliegtuigkaartjies gekoop word,” het Diergaardt gesê. Dít spruit uit die twee Li’s en Pu wat reeds in 2013 ook Namibië was en die landdros is oortuig dat hulle toe reeds hul tweede besoek aan die land beplan het om die renosterhorings uit te voer. Sy glo nie hul weergawe dat hulle in Namibië was vir konstruksieprojekte en toerisme nie. Die landdros meen egter die hoof van die polisie se eenheid vir be­skermde hulpbronne, adj.komm. Barry de Klerk, se getuienis oor georganiseerde misdaad was spekulatief en op sy opinie gebaseer. “Ek het die video-opnames van die Windhoek Country Club gekyk en my eie opinie gevorm,” het Diergaardt gesê.“Ek stem egter saam met hom dat dit wel georganiseerde misdaad was en Li Zhibing al die blaam op hom geneem het.” Li Zhibing het skuldig gepleit. Diergaardt meen sy het ’n probleem met die voorleggings in die hof dat Li Zhibing die tasse vir ’n vriend in China sou neem: “Hierdie vriend kon nooit opgespoor word en as ’n getuie in die hof geroep word nie.” Pu en die twee Li’s is op die lughawe met die twee tasse met renosterhorings gevang en in hegtenis geneem. Wang is eers later deur De Klerk in hegtenis geneem. “Wang ken vir Pu baie goed en ek aanvaar dat hy die twee Li’s eers in Namibië ontmoet het. Wang het egter uit sy pad gegaan hulle te help. Hy het vir hul vliegtuigkaartjies en hotel­akkommodasie betaal,” het Diergaardt gesê.“Wang het saam met hulle geëet en ook besit van die tasse geneem. Hy het vroegoggend saam met hulle by die hotel uitgeloop en seker gemaak die tasse verlaat die hotel.”Die landdros meen Wang het opgetree soos iemand wat verantwoordelik is vir die ander drie Chinese. “Ek vind dit moeilik om sy weergawe te glo.” Diergaardt sal die vier skuldiges Vrydag vonnis en hulle bly steeds in aanhouding.Mnr. Simba Nduna het aangekla en mnr. Orben Sibyea is die Chinese se regsverteenwoordiger.

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A