Vier finaliste vir Verantwoordelike Toerisme-toekennings
Die vier finaliste vir Namibia Media Holdings (NMH) se Verantwoordelike Toerisme-toekennings 2017 is uit nege inskrywings aangewys. Hulle is Gondwana Etosha Safari Lodge, Jackalberry Lodge, Ongava Tented Camp en Wilderness Safaris Hoanib Skeleton Coast. Die wenner sal aangekondig word tydens die amptelike opening van die Namibië Toerisme-ekspo wat op Woensdag 31 Mei by Windhoek se skouterrein sal plaasvind. Van links is me. Meke Imbili van Ongava Tented Camp, mnr. Alex Micheletti van Jackalberry Lodge, mee. Hazel Milne van Eco Awards Namibia, wat die beoordeling doen, Konstansia Elago van Gondwana Etosha Safari Lodge, en mnr. Jack Chakanga van Wilderness Safaris Hoanib Skeleton Coast. Foto Francoise Steynberg
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie