Vier gedigte
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Voetspore
Here lei ons veilig op ons weë.
Waar ons oppad is na toe.
'n Tweespoor oorri duin.
Voetspoor gelaat in die woestyn.
Son verblyk en verbrand.
Spore teen die strand se kant.
Blou oseaan vee dit weg.
Suidwes maak woestyn reg.
Gelei deur God se hand.
'n Ry spore in woestynsand.
Hand aan hand gelei oori rant.
Danke virri spore in my hart.
In ons mooi land.
Met koue blou see.
En warm woestynsand.
Herfskoud
Ooswind het douvoordag verdwaal.
Buite koud en lig issi kaal.
Grys kombers en wind loop 'n draai.
Suidwes vroegdag huil kwaai.
Geen sterretjies knipoog.
Kolestoof vroeg gestook.
Stroepsoet brousel wat kook.
Winter lê nog myle ver.
Maanlig knipoog virri oggendster.
Grootbome almal verhaar.
Takke kaal soos 'n koringaar.
Bredies en disse verander met rente.
Na herfs kom winter en lente.
Groen gras na geel gekleur.
Herfs het my laat verveer.
Voels enni son het noord gedwaal.
Herfs het my laat verveer.
Goeie more. Skinkikofi.
Gegroet vanuit die oos
Net na middernag hoor ek jou geklop.
My venster bewe soos jy skop.
Boomtakke ritsel boos.
Vandag kom jy vinnig uit die oos.
Douvoordag besig en woel.
Stofdig toe en baie koel.
Later gaan ons die warmte voel.
Sebooswind aan my lyf gevoel.
Rustig sal jy raak.
Uitvee en huis skoon maak.
Sedoos is nou hier.
Later vleisie oppi braaivuur.
'n Vader gehard met eer
Here gee my die moed.
Om soos my vader te wees.
'n Wil om te werk en te sorg.
Beskermend optree met wil en gees.
My vader my pa.
'n Man met sterk hande.
Sagkuns omvou met liefde toevertrou.
Pappa smee altyd goeie bande.
Liefdevol en troosvol.
Breë skouer en sterk arms.
Met 'n sagte hart roep pappa my nader.
Omvou en toevertrou aan Ons Hemelse Vader.
Here gee my die krag soos my pa.
Op sy skoot stil aap ek hom na.
Pappa se liefde ver en wyd.
'n Mooi jawoord op sy tyd.
My pappa 'n man van trots.
Standvastig soos 'n rots.
Danke Hemel Heer.
My pappa verdien U eer.
Voetspore
Here lei ons veilig op ons weë.
Waar ons oppad is na toe.
'n Tweespoor oorri duin.
Voetspoor gelaat in die woestyn.
Son verblyk en verbrand.
Spore teen die strand se kant.
Blou oseaan vee dit weg.
Suidwes maak woestyn reg.
Gelei deur God se hand.
'n Ry spore in woestynsand.
Hand aan hand gelei oori rant.
Danke virri spore in my hart.
In ons mooi land.
Met koue blou see.
En warm woestynsand.
Herfskoud
Ooswind het douvoordag verdwaal.
Buite koud en lig issi kaal.
Grys kombers en wind loop 'n draai.
Suidwes vroegdag huil kwaai.
Geen sterretjies knipoog.
Kolestoof vroeg gestook.
Stroepsoet brousel wat kook.
Winter lê nog myle ver.
Maanlig knipoog virri oggendster.
Grootbome almal verhaar.
Takke kaal soos 'n koringaar.
Bredies en disse verander met rente.
Na herfs kom winter en lente.
Groen gras na geel gekleur.
Herfs het my laat verveer.
Voels enni son het noord gedwaal.
Herfs het my laat verveer.
Goeie more. Skinkikofi.
Gegroet vanuit die oos
Net na middernag hoor ek jou geklop.
My venster bewe soos jy skop.
Boomtakke ritsel boos.
Vandag kom jy vinnig uit die oos.
Douvoordag besig en woel.
Stofdig toe en baie koel.
Later gaan ons die warmte voel.
Sebooswind aan my lyf gevoel.
Rustig sal jy raak.
Uitvee en huis skoon maak.
Sedoos is nou hier.
Later vleisie oppi braaivuur.
'n Vader gehard met eer
Here gee my die moed.
Om soos my vader te wees.
'n Wil om te werk en te sorg.
Beskermend optree met wil en gees.
My vader my pa.
'n Man met sterk hande.
Sagkuns omvou met liefde toevertrou.
Pappa smee altyd goeie bande.
Liefdevol en troosvol.
Breë skouer en sterk arms.
Met 'n sagte hart roep pappa my nader.
Omvou en toevertrou aan Ons Hemelse Vader.
Here gee my die krag soos my pa.
Op sy skoot stil aap ek hom na.
Pappa se liefde ver en wyd.
'n Mooi jawoord op sy tyd.
My pappa 'n man van trots.
Standvastig soos 'n rots.
Danke Hemel Heer.
My pappa verdien U eer.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie