Vier geslagte saam op gedenkseël
Vier geslagte bymekaar: Die huidige koningin, Elizabeth, met drie toekomstige konings – Charles, William en George.
En raai wie steel die kollig? Die onnutsige klein prins George wat met ’n groot glimlag op vier aanmekaargeplakte sponsblokke van die fotograaf staan.
Die kleurskema was blou, met al vier geslagte in verskillende skakerings daarvan getooi.
Die foto is op versoek van die Britse posdiens – Royal Mail – geneem, wat ’n spesiale seëlvel uitreik ter herdenking van die koningin se 90ste verjaardag gister.
Dit is die eerste keer dat prins George op ’n seël verskyn.
Die Britse posdiens herdenk vanjaar sy 500ste bestaansjaar. Netwerk24/Sky News

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie