Vier jag én stamp glo gemsbokke
Francoise Steynberg - Nadat vermeende gemsbokstropers Woensdagnag deur drie padblokkades tussen Wilhelmstal en Okahandja gejaag het, is hulle uiteindelik vasgetrek nadat hulle 'n gemsbok gestamp het.
Volgens mnr. Rickus Spangenberg van die K9-teenstropingseenheid het 'n boer, mnr. Pieter von Hase, Woensdagaand skote gehoor op sy plaas Ojtimbunja op die D2210-grondpad, bekend as die ou Okahandja-pad.
Spangenberg het die polisie ingelig en boere in die omgewing begin mobiliseer om solank padblokkades op te stel.
"By die kruising by Omaruru en Wilhelmstal het die vermeende stropers met hul wit Isuzu-bakkie met 'n kappie op en Windhoekse registrasiemerke verby 'n boer gejaag.
"Die boere het vir my laat weet die stropers is op pad en ek het gery en die pad van Wilhelmstal probeer blokkeer. Daarna het hulle deur my pladblokkade met blou noodligte en al gejaag," sê Spangenberg.
"Ek het probeer om hulle van agter af in te jaag. Die stropers het ook verby die volgende padblokkade van die boere gejaag."
Spangenberg sê gelukkig het die vermeende stropers in hul jaagtog 'n gemsbok gestamp en hul voertuig het by die eerste rustafel verby Wilhelmstal begin kook, waar hulle moes aftrek.
"Daar is hulle deur twee voertuie van my en die boere omsingel en ons het vier verdagtes aan die polisie van Okahandja en Karibib oorhandig toe hulle opgedaag het."
Spangenberg sê die boere het die terrein begin deursoek, die bloed in die voertuig aan die polisie uitgewys en 'n knaldemper asook bloedbesmeerde klere opgetel wat die vermeende stropers uit die voertuig gegooi het.
"In hul jaagtog het twee van die vermeende stropers uitgespring en die gemsbokkarkas is ook uitgegooi."
'n Boer het die gemsbokkarkas volgens Spangenberg gevind en die polisie na die toneel gevat.
Spangenberg het dieselfde nag na die toneel gegaan waar die gemsbok lê.
"Omstreeks 03:00 het 'n verdagte wit Nissan-voertuig met 'n Okahandja-registrasiemerk by die gemsbokkarkas opgedaag. Ek het die voertuig deursoek en op nog bloedbesmeerde klere afgekom. Ek het hulle beveel om agter my aan te ry."
Op die teerpad het die verdagtes verby Spangenberg gejaag. Hy het die polisie van Okahandja laat weet, wat die verdagtes later met die jaggeweer in hul besit vasgetrek het.
"Die messe, sae en bloedbesmeerde klere het ek die volgende dag toe ons die terrein deursoek het, langs die pad opgetel," sê Spangenberg.
Hy sê die vermeende stropers is vasgetrek weens goeie samewerking van die boere in die Wilhelmstal-omgewing, veral mnre. Olaf Brel en Olaf Hase, die Karibib-distrikswag en die polisie van Okahandja en Karibib.
Die beskuldigdes, mnre. Martin Stephanus, Henrico Goagoseb, Dentago Garoreb en Boois Engelberg het Vrydag in verband met onwettige jag in die landdroshof op Okahandja verskyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie