Vier jou erfenis diu00e9 September
Vier jou erfenis diu00e9 September

Vier jou erfenis dié September

Tanja Bause
Tanja Bause - Erfenisweek sal vanjaar van 16 tot 22 September landswyd gevier word.

Vanjaar se tema is “Namibiab /nO/auba sao”, wat “volg die Namibiese hartklop” in Khoekhoegowab beteken.

Volgens me. Desiree Mentor, voorsitter van Namibië se Erfenisweekspan, is dié tema gekies omdat musiek universeel is.

“Dit maak nie saak of jy die taal waarin gesing word, kan verstaan nie, jy voel die ritme van die musiek en dit verenig almal. Dit is ook ’n woordspeling, omdat dit ook na die hartklop van Namibië verwys,” sê sy.

“Ons doen ’n beroep op elke Namibiër om aan dié week deel te neem. Jy kan tradisionele klere aantrek, tradisionele kos voorberei en bedien, of jy kan ’n storie oor jou kultuur en tradisies vertel.”

Die doel van Erfenisweek is onder meer om Namibië se ryk erfenis te vier – om te erken alle vorms van kulturele erfenis in Namibië is ewe belangrik.

Ook om kennis van inheemse gemeenskappe te bewaar en om begrip vir uiteenlopende gemeenskappe te bevorder.

Almal is welkom om op hul dorpe en streke aktiwiteite te reël om dié week te vier.

Belangstellendes kan Mentor by (061) 374 403 vir meer inligting skakel.

Die Museumsvereniging van Namibië (M.A.N) voorsien mense wat ’n aktiwiteit wil aanbied van ’n toelaag.

Aansoeke vir toelae sluit 31 Mei.

Vir meer inligting hieroor, kontak Ndapewoshali Ashipala by 061 302230 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!