Vier jou moedertaal saam met Netwerk Namibiu00eb
Vier jou moedertaal saam met Netwerk Namibiu00eb

Vier jou moedertaal saam met Netwerk Namibië

Yandi Du Plessis
Internasionale Moedertaaldag word jaarliks wêreldwyd op 21 Februarie gevier.

Dit om die belangrikheid van moedertale oraloor die wêreld te beklemtoon, mense aan te moedig om ingelig te wees oor hul moedertaal en die fokus te laat val op die bewaring van kultuur en erfenis.

Uit ’n skrywe deur die ATKV word soos volg verduidelik: die HAT (2011) definieer “moedertaal” as: Die taal waarin ’n mens leer praat het; eie taal. Met ander woorde, dis die taal waarin jou ma vir jou stories gelees en vertel het. Die taal waarin jy leer sing het en die taal waarin jy lag en huil. Dis daardie eerste woord wat ’n baba sê en ja, die taal waarin jy kwaad word! Dis die taal waarin jy jou die beste uitdruk!

Die werwing en verwerking van kennis (konseptualisering) vind in die moedertaal plaas. Dit lei daartoe dat kinders beter verstaan, leer en presteer in hul moedertaal. Deur jou kind in hul moedertaal te laat skoolgaan, maak dit makliker vir hulle om ’n tweede en derde taal aan te leer. Kinders wat in hul moedertaal konseptualiseer, vaar ook beter in wiskunde en wetenskap. Onthou, lees lê die fondasie van alle leer.

As jy in jou moedertaal met begrip kan lees, is die deure vir ander vakke wawyd oop. ’n Kind wat voel dat hulle behoort en die regte gereedskap het om hulself uit te druk, is vanselfsprekend ’n kind met selfvertroue.

Jou moedertaal vorm jou identiteit. Jou taal bepaal waar jy vandaan kom en wie jy is. Deur jou kind geborge te laat voel in hul taal, vestig ’n belangrike grondslag in hul identiteit.

Kinders wat meertalig is, het beter sosiale vaardighede. Hulle is in staat om ander se emosies en omstandighede beter te verstaan en het ’n beter wêreldbeskouing.

Ouers se rol in die vestiging van die liefde vir moedertaal kan vervul word deur vir jou kind te lees in Afrikaans, speletjies te speel en te sing in Afrikaans, metafore en idiome te gebruik en verduidelik, en die belangrikste, Afrikaans te praat!

Netwerk wil graag die liefde vir ons moedertaal, asook die belangrikheid vir die behoud en groei van Afrikaans vir die volgende generasie beklemtoon.

Volgens Elizma Theron, die uitvoerende beampte van Netwerk Namibië, is die toekoms van Afrikaans in ons eie hande. Daar kan nie van die regering, skole of kerke verwag word om die taal te laat groei nie. Dié instansies kan wel help, maar elkeen wat lief is vir sy taal, moet dit met trots praat.

Ter voorbereiding van die viering van Internasionale Moedertaaldag op 21 Februarie, word Afrikaanssprekendes in Namibië gevra om vir Netwerk te vertel wat hulle gunsteling Afrikaanse woord of sêding is, en te verduidelik hoekom.

Inskrywings word gedoen op www.netwerk-na.org – kliek op “Moedertaaldag” en voltooi die vorm.

Alle korrespondensie word in Afrikaans gevoer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 20 Februarie 2022. Drie gelukkige inskrywings kan elk ’n geskenkbewys van N$1 000 wen, geborg deur Shoprite/Checkers Namibië.

Hou gerus Netwerk Namibië se sosialemediablaaie dop vir meer nuus oor hierdie en ander opwindende Afrikaanse projekte.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!