Vier kinders verdrink die naweek
Man glo ná bakleiery oor N$5 doodgeskiet.
Vier kinders, waarvan die jongste ’n jaar oud was, het die naweek verdrink.
Volgens die polisie se misdaadverslag het die eenjarige Johanna Ndaamakunye Vrydag om 12:55 by die King Kauluma-nedersetting in die Oshikotostreek in ’n houer water verdrink.
Sy en haar driejarige suster is glo alleen by die huis gelaat terwyl haar ma water by die bure gaan haal het.
’n Leerling aan die Gekombineerde Skool Omufitu-noord, Junior Mbahu Nembwanga (9), het Vrydag om 15:40 in die Omufituwanauyala-nedersetting in die Omusatistreek verdrink.
Hy het glo in ’n dam gaan swem toe die voorval gebeur het.
Die lyk van Alfeus Shituleipo (2) is Sondag in ’n pan vol water in die Ohepa-nedersetting in die Ohangwenastreek gevind.
Sondag het die Vezemboue Tjihenauu (10) in die Goreangabdam verdrink.
Hy het glo probeer om sy skoen, wat in die water geval het, uit te haal toe hy ingeval en verdrink het.
Twee van sy vriende wat saam met hom was, het huis toe gehardloop om sy ouers in kennis te stel. Die lyk is later uit die dam gehaal.
Me. Justina Mbwika (25) het glo Saterdag om 14:00 in die Engela-nedersetting in die Ohangwenastreek in ’n dam verdrink.
Sy was glo besig om vis met ’n net te vang toe die voorval plaasgevind het.
Moord
Saterdag om 02:20 is mnr. Pieter Kandjimi (27) in die bors geskiet. Hy het op die toneel gesterf.
Hy en ’n ander man het glo oor N$5 baklei. Die verdagte is later in Windhoek in hegtenis geneem. Die voorval het in !Gereres op Keetmanshoop plaasgevind.
Mnr. Thomas Angula (40) is Sondag oorlede ná hy in die bors met ’n mes gesteek is. Hy en ’n 26-jarige man het glo oor tombo baklei.
Die voorval het in die Nuwerus- informele nedersetting op Aranos plaasgevind.
Die verdagte is in hegtenis geneem.
Roof
’n Twintigjarige man het glo Vrydag om 23:00 ’n vrou in die Onyaluwili-nedersetting met ’n stok gedreig en haar beroof.
Volgens die polisie het hy haar radio, selfoon en ’n emmer met ’n 5 kg-sak mieliemeel ter waarde van N$4 230 gesteel. Die radio is teruggekry en die man is in hegtenis geneem.
Saterdag het drie verdagtes ’n vrou (27) om 08:50 by NamPost in die Ongha-nedersetting glo met ’n pistool aangehou.
N$199 000 en ’n selfoon is gesteel. Een van die verdagtes (23) is in hegtenis geneem en N$60 958 is glo in sy besit gekry.
Die ander twee verdagtes is nog op vrye voet.
Twee Duitse toeriste (72 en 74) is Saterdag om 18:30 by die Maltahöhe-begraafplaas beroof.
’n Man (31) het hulle glo van hul hotel af agtervolg, by die begraafplaas oorrompel en ’n handsak met persoonlike dokumente, N$1 190 en 110 pond in kontant gesteel.
Die hoteleienaar en polisie se vinnige optrede het tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei en die handsak is verhaal.
Maandag om 01:00 het vier mans met maskers en wapens glo by die Simon Sheexwuxwa-besigheidsperseel ingebreek.
Hulle het twee werkers glo vasgebind en aangerand en ’n onbekende bedrag geld uit ’n kluis gesteel.
Niemand is al in hegtenis geneem nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie