Vier minderjarige meisies glo verkrag
'n Man het sy vrou die afgelope naweek na bewering met 'n byl aangerand, waarná hy selfdood gepleeg het.
Volgens die polisie se misdaadverslag is vier minderjarige meisies die naweek in die Khomas-, Erongo- en Ohangwenastreek verkrag en kon hulle slegs een verdagte in hegtenis neem.
Een van die oorlewendes is 'n 11-jarige meisie wat glo Vrydag op Rehoboth agter die Lutherse kerk in Blok E verkrag is.
Die meisie was glo op pad huis toe van haar tannie se huis toe die man haar van agter gegryp het.
Niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Vrydag om 20:00 het 'n man 'n meisie (14) by 'n partytjie by 'n huis in die DRC-nedersetting op Swakopmund ontmoet en haar glo na sy sinkhuis geneem en verkrag.
Die meisie was glo onder die invloed van alkohol en is alleen in die sinkhuis gevind.
Die verdagte is nog op vrye voet.
Vrydag is 'n 13-jarige meisie na bewering by 'n opstal by Onandova verkrag.
Die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.
Op dieselfde dag is 'n 15-jarige meisie by 'n huis in Eenhana glo verkrag.
Die verdagte (21) is in hegtenis geneem.
Saterdag is 'n 27-jarige vrou glo deur 'n 24-jarige man op Arandis verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem.
In nog 'n geval van geslagsgeweld het 'n man Saterdag om 20:20 sy meisie (30) in die Marura- informele nedersetting in Katutura na wat verneem word met 'n byl aangerand.
Die verdagte het homself glo ook met die byl gekap voordat hy in sy voertuig gevlug het.
Hy het vermoedelik homself met 'n tou aan 'n boom in die Okapuka-omgewing opgehang.
Die byl en sy voertuig is naby hom gevind. Die vrou is in 'n ernstige toestand in die Katutura-staatshospitaal opgeneem.
Saterdag is 'n man (30) in die Matutura-nedersetting by Swakopmund in hegtenis geneem ná hy glo sy vrou (27) probeer versmoor het.
Die man het die vrou glo ná 'n bakleiery met 'n kombers probeer versmoor.
Hy het ook na wat verneem word N$8 000 se skade aan die eiendom aangerig.
Die man is in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie