Vier minderjariges glo verkrag
Vier minderjariges glo verkrag

Vier minderjariges glo verkrag

’n 17-jarige seun misbruik na bewering ’n 9-, 7- en 3-jarige in hul ouerhuis.
Verskeie verkragtings het die naweek en die afgelope maande in verskillende streke van Namibië voorgekom.

Die afgelope vyf maande het ’n 17-jarige seun na bewering drie minderjarige meisies met wie hy ’n huis deel, verskeie kere verkrag.

Volgens ’n polisieverslag het hy snags na die 7- en 9-jarige meisies se kamer gegaan en hulle verkrag. Die 3-jarige meisie het in haar ouers se kamer geslaap en wanneer sy in die oggend na die sitkamer gegaan het, waar hy geslaap het, het hy haar glo verkrag.

Die verkragtings het vermoedelik verskeie kere tussen Maart en Augustus vanjaar plaasgevind. “Die meisies se ma het voetspore in hul kamer gesien en hulle daaroor gevra. Die meisies het vir hul ouers vertel wat die verdagte aan hulle gedoen het,” lui die verslag.

’n Woordvoerder van die polisie, hoofinsp. Elifas Kuwinga, het gesê die 17-jarige is die naweek in hegtenis geneem en die ondersoek duur voort.

In die DRC- informele nedersetting op Swakopmund is ’n 9-jarige meisie glo Donderdag (13 Augustus) deur haar 42-jarige oom verkrag. Die verdagte is in hegtenis geneem.

Polisie soek verdagte

In Ondangwa het ’n 22-jarige man Vrydagmiddag ’n 24-jarige vrou na bewering onder valse voorwendsels na sy huis genooi.

Hy haar glo na sy kamer geroep en haar verkrag.

Volgens Kuwinga het die verdagte weggehardloop. Hy is nog nie in hegtenis geneem nie.

Vrou verkrag

Vrydag omstreeks 11:00 is ’n 55-jarige vrou glo in Duineveld op Kalkrand verkrag. Volgens die verslag het die verdagte haar in haar huis oorrompel en verkrag. Die 46-jarige verdagte is in hegtenis geneem.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!