Vier musketiers superskerp vir Europa
Vier jong swemmers het gisteroggend hul nasionale kleure by die Namibiese Sportkommissie in Windhoek ontvang.
Tielman van Lill - 'n Klein, maar uitgelese groepie swemmers vertrek Saterdag van Windhoek na Hongarye waar hulle van 20 tot 25 Augustus aan die 7de FINA junior wêreldkampioenskap in Boedapest saam met 94 lande sal deelneem.
Die 18-jarige Ronan Wantenaar (kaptein), Corné le Roux (17 jaar), Heleni Stergiadis (17) en Tiana Esslinger (16) sal deur afrigter Janis Stergiadis en Phinelia Stergiadis (spanbestuurder) vergesel word.
Swemmers moes minstens 600 FINA-punte per item behaal om vir die wêreldkampioenskap te kwalifiseer. Swemtye tussen 15 Mei 2018 en 8 Augustus 2019 is in ag geneem.
Die nuut geboude Duna-arena in Boedapest waar die kompetisie gehou word, word as die grootste en modernste in Europa bestempel.
Die junior kampioenskappe vir meisies (14 tot 17 jaar) en seuns (15 tot 18 jaar) is in 2006 vir die eerste keer in Rio de Janeiro, Brasilië, aangebied en word vanjaar vir die eerste keer in Europa gehou.
Die gesoute Stergiadis wat sy vier swemmers daagliks reeds douvoordag vanaf vyfuur tot 07:00 dril, sê al vier is reg om Namibië trots te maak.
“Ek sien 'n baie blink toekoms vir swem in Namibië. Ons swemmers moes strawwe kwalifiserende tye in hul individuele items opstel. Daar is selfs van ons jonger swemmers wat dit vermag het, maar omrede hulle nog te jonk is om in Hongarye deel te neem, kon hulle nie gekies word nie. Ongeveer 900 van die wêreld se vinnigste swemmers sal in Boedapest deelneem.
“Namibië kan met reg trots wees op ons swemmers wat gekwalifiseer het, want hulle het baie hard gewerk om sukses te behaal. Hulle oefen soggens voor skool en weer in die namiddag vir drie ure. Ons het twee jaar gelede met 'n voorbereidingsprogram begin wat besig is om vrugte af te werp en hopelik sien ons binnekort 'n internasionale uitblinker in die swembad.
“Ek wens ons swemmers die beste toe en glo hulle sal Namibiërs se borskaste laat swel. Ek dink ook van hulle sal nog beter kwalifiserende tye opstel om vir die senior wêreldkampioenskap te kwalifiseer. Sterkte ook aan ons hokkiespelers wat in Stellenbosch gaan deelneem om vir die 2020 Olimpiese Spele in Tokio te kwalifiseer,” het Stergiadis gesê.
Wantenaar het gesê: “Ons is reeds sedert ons deelname twee jaar gelede in Indianapolis (Amerika) besig om vir dié wêreldkampioenskap voor te berei en om ons tye te verbeter.
“Dit was regtig nie maklik om te kwalifiseer nie, want 600 FINA-punte in enige individuele dissipline is 'n hoë teiken. In die laaste kompetisie wat in Namibië gehou was, was daar nog meer swemmers wat gekwalifiseer het. Ons oefen geweldig hard, maar harde werk bring sukses.”
Die Namibiërs neem aan die volgende items deel:
Heleni Stergiadis: 100, 200 en 400 vryslag; 100 en 200 rugslag; 100 vlinderslag; 200 en 400 individuele wisselslag.
Corné le Roux: 100, 200 en 400 vryslag; 100 en 200 vlinderslag.
Tiana Esslinger: 200 en 400 vryslag; 100 en 200 rugslag.
Ronan Wantenaar: 50 vryslag; 50 en 100 rugslag; 50, 100 en 200 borsslag; 200 individuele wisselslag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie