Vier olifante boet vir hul ivoor
Francoise Steynberg - Vier woudreuse is die afgelope naweek in die Kasika-bewaringsgebied in die Zambezistreek ter wille van hul ivoor van kant gemaak.
Volgens generaal-majoor James Tjivikua, adjunkinspekteur-generaal van operasies van die Namibiese polisie, is die twee bulle en twee koeie vermoedelik geskiet deur kriminele wat met daardie doel voor oë, die grens oorgesteek het.
“Die olifante se voorkoms in die Zambezistreek word verklaar aan die hand van die grense tussen Zambië en Botswana waar groot troppe olifante heen en weer tussen dié twee lande oor die Zambezistreek se grondgebied beweeg. Wetstoepassers moet nuwe strategieë vir hul ontplooiing en modus operandi vind en die saak word indringend ondersoek,” het Tjivikua in ’n mediaverklaring gesê.
Hy het besoeke aan die streke van Kavango-Oos en Zambezi afgelê waar die deurlopende teenstropery-operasie “Elephant Tusk” in die nasionale parke van Bwabwata, Nkasa Rupara en Mudumo aan die gang is.
“Sedert Maart is ’n totaal van 16 verdagtes in verband met stropery in hegtenis geneem. Beslag is op altesaam 57 olifanttande, ses ongelisensieerde vuurwapens en 151 rondes ammunisie asook een voertuig gelê,” het Tjivikua gesê.
“Tydens intensiewe patrollies te voet, per voertuig en tydens ’n wildtelling uit die lug, is 32 olifantkarkasse ontdek. Die meerderheid van die karkasse is oud en dit is bevestig dat 11 van die olifante tydens ’n ongespesifiseerde tydperk gestroop is.”
Volgens Tjivikua is die oorblywende 21 karkasse dié van olifante wat weens natuurlike oorsake gevrek het.
Die vyftiende fase van operasie “Elephant Tusk” het op 16 Junie begin en eindig op 15 September. In hierdie tydperk was die streekkommissaris van die Kavango-Oosstreek, komm. Johanna Ngondo, in beheer. Die 16de fase sal onder beheer van die streekkommissaris van die Zambezistreek, komm. Boniface Mukendwa, staan.
Voorts het Tjivikua die publiek daaraan herinner dat ’n beloning van N$60 000 uitgereik is vir enige inligting wat tot die inhegtenisneming van stropers lei.
“Ons doen ’n beroep op die publiek om enige inligting oor stropery aan die polisie of amptenare van die ministerie van die omgewing en toerisme te rapporteer. Sulke inligting sal as streng vertroulik hanteer word,” het Tjivikua die versekering gegee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie