Vier oor ivoor gevonnis
Agt vermeende wildmisdadigers is verlede week in hegtenis geneem en vier nuwe sake is aanhangig gemaak.
Francoise Steynberg - Vier ivoorsmokkelaars is verlede week in twee verskillende howe gevonnis.
Die Namibiërs Joseph Jacob en Bernhard Ndjamba Shipingana is verlede Maandag (18 Nov) op Rundu tot vier jaar tronkstraf of ’n boete van N$25 000 elk gevonnis. Hulle het twee olifanttande gesmokkel en beslag is gelê op die voertuig wat hulle tydens die misdaad gebruik het.
Die Franse toeriste mnr. Benoit Allais en me. Marine Petit, wat op 14 November met twee stukke ivoor op pad van die Khaudum Nasionale Park af betrap is, is op Maroelaboom tot ’n boete van N$25 000 of gevangenisstraf van 18 maande gevonnis.
Agt vermeende wildmisdadigers is verlede week vasgetrek en vier nuwe sake is by die Namibiese polisie (Nampol) aanhangig gemaak.
Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van 18 tot 24 November van Nampol se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die intelligensie- en ondersoekeenheid in die ministerie van die omgewing en toerisme is vier verdagtes in verband met renosterstropery of horingsmokkelary of pogings daartoe in hegtenis geneem.
Een verdagte is vir olifantstropery of ivoorsmokkelary of pogings daartoe vasgetrek.
Beslag is op twee lewende ietermagôs en een ietermagôvel gelê, asook op een olifanttand, een seekoeikarkas en ’n voertuig.
Intussen het drie lede van die Namibiese Weermag (NDF) Maandag (25 Nov) in die Opuwo-landdroshof in verband met die onwettige besit van twee renosterhorings verskyn, berig Nampa.
Mnre. Noa Timotheus (32), Eliaser Amadhila (29) en Paulus Ashingala (32) het voor landdros Abel Sankwasa verskyn wat die saak tot 4 Desember vir borgtogaansoeke en verdere polisieondersoek uitgestel het.
Die drie is verlede Vrydag (22 Nov) by die Werda-hek oos van die Etosha Nasionale Park in hegtenis geneem.
Die polisie het glo ’n anomieme telefoonoproep ontvang.
Hulle het die drie se voertuig deursoek en glo twee renosterhorings in hul besit gevind.
Die beskuldigdes het aangedui hulle sal hul eie verdediging waarneem.
Hulle bly in aanhouding by die Kamanjab-polisiekantoor.
Mnr. Aubrey Ndlovu het vir die staat opgetree.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie