Vier renosterhorings in minibus gevind
Vier mans tussen 20 en 46 jaar is in hegtenis geneem nadat die polisie Maandag op vier renosterhorings beslag gelê het toe 'n minibus onderweg na Opuwo by 'n padblokkade deursoek is.
Die minibus is kort ná drieuur die middag by 'n padblokkade op die Kamanjab-Werda-pad afgetrek.
Die polisie sê in 'n misdaadverslag vier mans is vir die besit van beheerde wildprodukte in hegtenis geneem.
Die oorsprong van die renosterhorings en die waarde daarvan is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek na die voorval duur voort.
Foto's: Verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie