Vier slagoffers bekend

Volgens die polisie het 'n Corolla reg van voor teen 'n Volvo-vragmotor gebots en het net die vragmotorbestuurder die ongeluk oorleef.
Denver Kisting
Denver Kisting



Teen gistermiddag is twee mans wat Sondag saam met 'n vyfjarige meisie en drie ander mans in 'n motorongeluk tussen Otjiwarongo en Okahandja dood is, nog nie geïdentifiseer nie.

Die nasionale woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Edwin Kanguatjivi, het gister by navraag gesê die meisie is as Frieda Naango Emvula uitgeken.

Die ander drie oorledenes wat ook in dié gruongeluk omgekom het, is mnre. Johannes Iyambo (56), Sakeus Kapadhi (20) en die 39-jarige Simon Amadhila, het Kanguatjivi gesê.

Volgens hom is twee mans – onder­skeidelik 55 en 56 jaar oud – se identiteite nog onbekend. “Hul naasbestaandes het nog nie na vore gekom om hulle te identifiseer nie,” het Kanguatjivi gistermiddag gesê.

Die woordvoerder sê die ongeluk het omstreeks 13:49 Sondag ongeveer 70 km buite Otjiwarongo plaasgevind.

Hy sê 'n Toyota Corolla het na bewering reg van voor teen 'n Volvo-vragmotor gebots. Al ses insittendes van die sedan is dood. Net die vragmotorbestuurder het die ongeluk oorleef.

Die Corolla was in 'n suidelike rigting op pad terwyl die vragmotor in die teenoorgestelde rigting onderweg was, het Kanguatjivi gesê.

Beeldmateriaal, wat wyd op sosialemediaplatforms die ronde doen, wys hoe die sedan aan die verkeerde kant van die pad gery het.

Kanguatjivi sê die vragmotorbestuurder sê hy het die ongeluk probeer vermy deur na die linkerkant van die pad te beweeg.

Die sedan het die vragmotor voor regs getref. Die impak van die ongeluk het die kleiner voertuig aan flarde geruk.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!