Vier snuffelhonde land in Namibië

Yandi Du Plessis
Vier nuwe honde vir die K9-eenheid het gisteroggend op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako geland. Caga, Devil, Vanda en Britta is spesiaal uit Nederland ingevlieg om as snuffelhonde opgelei te word. Old Mutual het drie van die vier honde geborg, en die om die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme te help met die bekamping van wildmisdaad en smokkelary in Namibië. Die U.S. Fish and Wildlife Service (USFWS) het die vierde hond geborg.

Mnr. Colgar Sikopo, direkteur van wildlewe en parkbestuur in die ministerie, het gesê die verkrygingsproses het al in 2017 begin toe die versekeringsmaatskappy N$268 000 bewillig het om die honde by die Nederlandse K9-sentrum te koop. Met die honde se aankoms sal Old Mutual nog N$50 000 bydra vir ekstra toerusting vir die K9-eenheid.

Die Belgiese herdershond en die drie Duitse herdershonde is versigtig uitgesoek ná 'n streng oefentoets, sê mnr. Manie le Roux, koördineerder van die omgewingsministerie se K9-eenheid. Die honde sal nou na die Polisie-opleidingsentrum by Waterberg gestuur word waar hulle ongeveer ses maande opleiding sal ontvang voordat hulle in die noordoostelike deel van die land (Bwabwata Nasionale Park en omliggende gebiede) ontplooi sal word.

“Ons kom agter die honde verrig 'n besonderse taak in die voorkoming van wildmisdaad. Die honde wat ons het, was tot dusver by 240 suksesvolle sake betrokke,” het Sikopo gesê. Volgens hom sal daar ook 'n perde-eenheid in die Etosha Nasionale Park gevestig word. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!