Vier sterf in grubotsing
Vier sterf in grubotsing

Vier sterf in grubotsing

Henriette Lamprecht
Vier mense is gisteraand in 'n grubotsing op die pad tussen Okahandja en Karibib dood. Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het die ongeluk omstreeks 21:00 Donderdagaand sowat 25 km buite Okahandja plaasgevind.
'n Voorlopige polisieondersoek dui daarop dat een van die voertuie wat onderweg na Karibib was, 'n gemsbok in die pad getref het. Die voertuig het in die baan vir aankomende verkeer geswenk en kop-teen-kop teen 'n aankomende voertuig gebots.
Volgens Mbeha het beide voertuie twee insittendes gehad. Al vier insittendes is op die toneel dood.Die insittendes van die een voertuig is identifiseer as die 66-jarige Gottlieb Keib, die bestuurder en sy vrou Elizabeth Keis. Die insittendes van die ander voertuig was die 29-jarige bestuurder en 'n 24-jarige passasier. Hul name is nog nie bekendgemaak nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!