Vier sterf op paaie die naweek

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - ‘n Amerikaanse toeris is Sondag oor die etensuur dood ná hy beheer oor sy motor verloor het en dit die pad verlaat en omgeslaan het.

Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder vir die Erongostreek, adj.komm. Erastus Iikuyu, was die 35-jarige toeris in ‘n konvooi van vyf voertuie van Omaruru na Swakopmund onderweg.

Sowat 45 km van Usakos in die rigting van Arandis het die toeris beheer oor die voertuig verloor, waarná dit die pad verlaat en omgeslaan het. Hy is op die toneel dood. Sy drie passasiers, ‘n 29-jarige Amerikaner en twee Ierse toeriste (onderskeidelik 25 en 34) het ernstige beserings opgedoen. Die drie passasiers is in die Cottage Private Hospitaal op Swakopmund opgeneem.

ONGELUK BY WRAK

‘n Saak van roekelose en/of natalige bestuur word ondersoek ná ‘n man Saterdag in ‘n ongeluk op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund gesterf het.

Volgens Iikuyu het die ongeluk omstreeks 23:45 naby Afrodite Beach plaasgevind. Die bestuurder het na bewering beheer oor die voertuig verloor, waarna dit trompop met ‘n aankomende voertuig gebots het.

Die bestuurder van dié voertuig, mnr. Kurt Düval, is in die ongeluk ernstig beseer.

Die insittendes saam met Düval in die motor was volgens Iikuyu me. Kate Düval, me. Vainda van der Merwe en mnr. Schalk van der Merwe.

Almal het ernstige tot matige beserings opgedoen en is in die Welwitschia Private Hospitaal op Walvisbaai opgeneem.

Nog ‘n voertuig met mnr. Kanisius Hangula aan die stuur, wat van Swakopmund in die rigting van Walvisbaai op reis was, het oor die wrakstukke van dié twee voertuie gery.

Hangula het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit die pad verlaat het en in die sand tot stilstand gekom het. Die drie passasiers, me. Evelin Keis, me. Martina Ndaitwa en me. Odela Tsaraes het almal ligte beserings opgedoen.

STRAFBARE MANSLAG

In die Suide is word ‘n saak van strafbare manslag, regsverydeling en bestuur sonder ‘n geldige rybewys ondersoek, nadat twee mense Saterdag omstreeks 13:30 in ‘n ongeluk, sowat 15 km van Karasburg op die M22-pad na Gabis, dood is.

Dít toe ’n voertuig die pad verlaat en omgeslaan het.

Volgens die Namibiese polisie was die 36-jarige bestuurder van ’n bakkie glo onder die invloed van drank en het hy slegs ligte beserings opgedoen.

Twee passasiers, mnre. Quinton Adams en Andries Hendricks, het op die toneel gesterf.

Nog ‘n passasier het ligte beserings opgedoen. Volgens die polisie het die bestuurder glo geweier om ’n asem- of bloedtoets te doen.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!