Vier sterftes, 105 nuwe gevalle
Die totale getal Covid-19-sterftes styg met vier tot 3 973. Een was 'n tuissterfte. Gister is 105 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 4,9%. Dit sluit 78 leerlinge en twee studente in. Die aktiewe gevalle staan tans op 8 111 waarvan 94 in die hospitaal en nege in die ICU is. Tot op hede het 422 681 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 360 087 volledig ingeënt is. Die herstelkoers staan op 93,5%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie