Vier sterftes, 48 nuwe gevalle
Die totale getal Covid-sterftes styg met vier tot 3 988. Gister is 40 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiwiteitskoers van 2,8%. Die sluit vyf leerlinge, twee gesondheidswerkers, een onderwyser en een student in. Die aktiewe gevalle staan tans op 3 470 waarvan 65 in die hospitaal en drie in die ICU is. Tot op hede het 429 742 mense 'n eerste dosis entstof ontvang, terwyl 365 083 ten volle ingeënt is. Die herstelkoers staan op 96,5%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie