Vier studente wen skadevergoedingseis teen NamPol
Vier studente wat saam N$800 000 van die Namibiese polisie en die ministerie van veiligheid en sekuriteit geëis het, se aansoek was suksesvol.
Hul suksesvolle eis volg nadat hulle deur lede van NamPol tydens ’n vreedsame optog op 8 Augustus 2018 in Windhoek aangerand is. Hoërhofregter Collins Parker het beveel NamPol se inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga en die minister van veiligheid en sekuriteit mnr. Charles Namoloh moet elk van die vier studente N$200 000 betaal. Ook moet Ndeitunga en Namoloh pa staan vir die vier studente se regskoste.
Die optog is deur die leiers van die Namibië Nasionale Studente-organisasie (Nanso) gereël oor die beweerde wanbetaling van studentefooie deur die Namibiese Finansiële Hulpfonds (NSFAF). Mediese rekords wat tydens die hofverrigtinge ingedien is, het gewys die studente het wonde tydens die aanrandings opgedoen. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie