Vier terroriste in Sinai doodgeskiet
Egipte
Die Egiptiese weermag het vier terroriste in die Sinai-skiereiland doodgeskiet as deel van die land se teenterreurveldtog, het ‘n woordvoerder van die Egiptiese weermag gesê.
Die konfrontasie in die gebied het sedert dit in Februarie begin het reeds die lewe van 167 terroriste en 24 soldate geëis.
Veiligheidsmagte het al 250 vermeende terroriste in hegtenis geneem en 30 ploftoestelle onskadelik gestel wat geplant is om veiligheidsmagte te teiken. Altesaam 386 skuilplekke van die terroriste, waar 16 bomme gevind is, is ook volgens die verklaring vernietig. – Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie