Vier ton vis by Swakoppoort gekonfiskeer

Operasie Tilapia het op onwettige vissermanne en jagters by die Swakoppoortdam toegeslaan.
Kristien Kruger
Ronelle Rademeyer en Kristien Kruger – Sowat vier ton gedroogte vis en groot hoeveelhede visnettte en vislyn, asook die vlotte wat gebruik is om dit in die water in posisie te hou, is in ‘n omvangryke, gesamentlike operasie by die Swakoppoortdam gekonfiskeer en vernietig.

Altesaam 28 mense is vir die onwettige vang van vis boetes van digby N$22 000 opgelê.

Die operasie, bekend as Operasie Tilapia, is Woensdag en Donderdag deur beamptes van seevisserye op Walvisbaai, die polisie op Okahandja se misdaadondersoekeenheid asook die veediefstaleenheid, natuurbewaarders in die ministerie van die omgewing, bosbou en toerisme, die polisie in Windhoek se reserwemag en lugvleuel, asook immigrasiebeamptes in die ministerie van binnelandse sake, immigrasie en veiligheid en sekuriteit uitgevoer.

Dit blyk ‘n groot groep mense het onwettig by die dam kamp opgeslaan, tonne vis gevang en ook strikke gestel om wild en diere soos jakkalse te vang. Daar is ook huide gevind van wilde diere wat doodgemaak is.

Volgens die polisie se nasionale woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, is sowat 16 kampplekke tydens die operasie gevind en is een onwettige immigrant in hegtenis geneem. Die onwettige kampeerders is beboet en van die perseel verwyder.

[email protected]

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!