Vier vas met velle
Vier vas met velle

Vier vas met velle

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Vier Namibiërs is gistermiddag in Windhoek in hegtenis geneem met drie sakke vol luiperd- en jagluiperdvelle in hul besit.

Volgens mnr. Fritz Kaufmann van Intelligence Support Against Poaching (Isap) is die velle afkomstig van Usakos- en Omaruru-omgewing.

Kaufmann sê die vier verdagtes is om 16:00 by 'n winkelsentrum in hegtenis geneem tydens 'n klopjag wat Isap saam met die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) uitgevoer het.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer