Vier vas oor renosterstropery
Francoise Steynberg - Vier vermeende renosterstropers is verlede week by Grootfontein in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n witrenosterbul gestroop en ’n witrenosterkoei gekwes het.
Volgens die wildmisdaadverslag het die renosterstropery vermoedelik tussen 22 Julie en 15 Augustus op ’n plaas in die Grootfontein-distrik in die Otjozondjupastreek plaasgevind.
Mnr. Dave Uatenguainja Ngumbi (35) van Opuwo en die 40-jarige mnr. Ngange Hengua Kaipi van Windhoek is verlede Woensdag in hegtenis geneem en twee Grootfonteiners, mnre. Alfred Katupao Rukee (49) en Lucas Katupao Hidinwa (38), is verlede Vrydag vasgetrek.
Die verdagtes het glo die horings van die renoster verwyder en dit probeer verkoop.
Beslag is op ’n silwer Nissan Qashqai met die registrasiemerk N 8284 G gelê.
Hulle word op vyf klagte, naamlik die onwettige jag van ’n renoster, die verwydering van die renosterhorings, die handel in renosterhorings, sameswering om ’n renoster te stroop, asook op die oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad (Poca), aangekla.
Die polisieondersoek duur voort.
- [email protected]
FOTO VERSKAF

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie