Vier vas oor vier stukke ivoor
Vier vas oor vier stukke ivoor

Vier vas oor vier stukke ivoor

Francoise Steynberg
Vier Namibiese mans is verlede Dinsdag by Nkurenkuru in verband met ivoorsmokkelary en die onwettige besit van 'n vuurwapen in hegtenis geneem.

Die polisie het glo vier stukke ivoor, een pistool, ammunisie en een voertuig by mnre. Moses Shikondjeni, Shindumbu Lungameni, Tobias Nghilaluwa en Jackson Haufiku gekonfiskeer.

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag van die Namibiese polisie se eenheid vir beskermde hulpbronne (PRU) en die ministerie van die omgewing en toerisme se intelligensie- en ondersoekeenheid, is altesaam 16 vermeende wildmisdadigers tussen 16 en 22 Maart in hegtenis geneem.

Een van die verdagtes is in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary of pogings daartoe in hegtenis geneem.

Ses wildmisdaadsake is aanhangig gemaak en beslag is op vier stukke ivoor, twee duikerkarkasse, een ietermagôvel en een karkas elk van 'n impala, waterbok en vlakvark gelê. Vyf vuurwapens, sewe patrone en 'n voertuig is ook gekonfiskeer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!