Vier wildehonde proe vryheid
Vier wildehonde proe vryheid

Vier wildehonde proe vryheid

Francoise Steynberg
Ná die tragiese skietvoorval in Februarie toe drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako afgemaai is, is vier wildehonde Dinsdag suksesvol op die aangrensende Zannier-reservaat vrygelaat.

Me. Marlice van Vuuren, uitvoerende direkteur van die N/a’an ku sê-stigting, het die vrylating waargeneem met 'n hartebeeskarkas wat by die hek van die reservaat geplaas is.

"Die vier wildehonde het geen tyd verwyl om hul vryheid in die Zannier-reservaat van 7 500 hektaar te proe nie," lui 'n mediaverklaring van die N/a’an ku sê-stigting.

Die vier wildehonde het in 2017 by N/a’an ku sê aangekom en is deel van 'n trop van 10 wildehonde wat voorheen in 'n reservaat van die AfriCat-stigting gebly het.

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer