Vierde terreuraanval in ’n week tref Duitsland
’n 27-jarige Siriese man is Sondag in Ansbach, Duitsland, dood toe ’n bom wat hy by hom gehad het buite ’n musiekfees ontplof het.
Twaalf ander mense is in die voorval beseer, van wie drie ernstig.
Die man is na wat berig word sowat ’n jaar gelede asiel in Duitsland geweier.
Ansbach is suidwes van Neurenberg geleë, waar ’n Amerikaanse weermagbasis is.
Joachim Herrmann, Beiere se minister van binnelandse sake, het vroeg gisteroggend aan verslaggewers gesê dit is onduidelik of die man beplan het om sy eie lewe te neem en of hy “ander saam met hom wou doodmaak”.
Die Siriër het glo twee jaar gelede in Duitsland aangekom en het na bewering twee keer vantevore selfmoord probeer pleeg.
Hy het Sondag ’n rugsak gedra waarin plofstof en metaalstukke was wat meer mense se lewe kon eis.
Herrmann sê die moontlikheid kan nie buite rekening gelaat word dat dit ’n Islamities-geïnspireerde aanval was nie.
Meer as 2 000 mense is ná die ontploffing van die musiekfees na veiligheid gebring.
Dit was die vierde gewelddadige aanval in Duitsland die afgelope week.
Nege mense is Vrydag in München deur ’n 18-jarige man doodgeskiet. Die aanvaller is in Duitsland gebore, maar sy ouers het van Iran gekom. Die skieter het homself later om die lewe gebring.
Sondag in Reutlingen, in die suidweste van die land, het ’n 21-jarige Siriese vlugteling ’n swanger vrou met ’n kapmes doodgekap en twee ander mense beseer voordat hy in hegtenis geneem is.
’n Pakistanse vlugteling het ’n week gelede in Würzburg vyf mense in ’n bylaanval gewond voordat die polisie hom doodgeskiet het.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie