Vierde Zambezi-verdagte ook vas
Denver Kisting – Die vierde verdagte wat deel was van ’n beweerde roofbende op Katima Mulilo verlede naweek verskyn na verwagting vandag in die landdroshof op dié dorp.
Adj.komm. Evans Simasiku, die koördineerder van misdaadondersoeke in die Zambezistreek, het gister by navraag die jongste inhegtenisneming bevestig.
Dié man het tot gister die polisie ontglip nadat sy drie vermeende makkers reeds Sondagoggend by Divundu – sowat 300 km van Katima Mulilo – aangekeer is.
Simasiku het gesê teen gister het die polisie nog net N$12 100 van die N$663 778,93 teruggevind.
Volgens hom is die geld in een van die twee voertuie wat die vermeende rowers gebruik het, gevind.
Borgtog is die afgelope week tydens die drie vermeende rowers se eerste hofverskyning geweier.
Simasiku het Sondag gesê ’n veiligheidswag was op pad uit ’n winkel om kontant aan veiligheidspersoneel buite die winkel te oorhandig toe hy deur die viertal oorval is.
Hulle het glo die wag se vuurwapen gegryp en hom daarmee gedreig waarná hy die kontant oorhandig het.
Tydens die rooftog Saterdag is die veiligheidswag volgens Simasiku met ’n onbekende skerp voorwerp gesteek.
Niemand anders is tydens die voorval beseer nie, het die polisiebeampte gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie