Vieringe sál plaasvind, sê regering
Die kabinetsekretaris het gister geweier om te sê hoeveel die 30ste onafhanklikheidsvieringe die belastingbetaler gaan kos.
Denver Kisting
Dr. George Simataa, die kabinetsekretaris, wou nie gistermiddag sê hoeveel die land se 30ste verjaardagpartytjie volgende Saterdag die belastingbetaler uit die sak sal jaag nie.
Dít kom nadat die uitvoerende direkteur van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Mbeuta Ua-Ndjarakana, gister gesê het die verrigtinge kos nie N$1,2 miljoen nie.
Die wyd gerapporteerde N$1,2 miljoen is nét vir die werksaamhede van die subkomitee belas met inligting en publisiteit, het Ua-Ndjarakana op 'n nuuskonferensie in Windhoek gesê.
Simataa het gesê: “Ons sal op 'n geskikte tyd verslag daaroor lewer. Vir nou is ons besig om voor te berei vir die sukses van die onafhanklikheidsvieringe.”
Ua-Ndjarakana het gister gesê die subkomitee se begroting is bestem vir vlaggies, baniere, T-hemde, advertensies, 'n regstreekse uitsending en reklamemateriaal.
Sowat '31 of 32' staatshoofde genooi
Ofskoon “31 of 32” staatshoofde na die verrigtinge genooi is, sal hy eers aanstaande Woensdag kan sê wie kom en wie kom nie, sê die uitvoerende direkteur.
Selfs al daag geeneen van die internasionale gaste op nie, sal steeds fees gevier word, sê hy.
“Dis 'n Namibiese viering.”
Oor die vrese rondom Covid-19 en die impak daarvan op die fees, sê Ua-Ndjarakana: “Ons het al dié dekades deur vigs geleef. As 'n nasie het ons deurgetrek. Ons is van die Land van die Dapperes en niks sal ons keer om ons verjaardag te herdenk nie.”
Pres. Hage Geingob word na verwagting volgende Saterdag ingehuldig vir sy tweede en laaste termyn as staatshoof.
Verskeie beroepe is die afgelope weke gedoen om die vieringe te boikot.
Ua-Ndjarakana het gister gesê mense wat beledigings rondslinger, pla nie die regering nie.
“Jy kan nie elke vlieg jaag nie. Vlieë het die reg om te vlieg, maar 'n mens weet hulle is nie gesond nie.”
Mnr. Michael Amushelele, 'n sakeman, het die afgelope naweek vir Geingob oënskynlik met 'n hond vergelyk.
Dié uitlating word wyd gekritiseer.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie