Viertal trap Dash vir Zu-Andre (5)

Fietsry
Andrew Poolman
Wanneer die pyn en moegheid erg begin raak, het jy iets nodig wat jou motiveer om aan te hou.

As vorige voltooiers van die Nedbank Desert Dash was al vier spanlede van die Megatron-viermanspan terdeë en eerstehands van hierdie waarheid bewus.

“Al vier ons lede is vriende wat al lank saam ry. As vriende het ons vanjaar weer vir die Dash ingeskryf, maar daar was nog nie 'n spesifieke rede of motivering nie.

“So het julle koerantstorie oor die vyfjarige Zu-Andre Labu­schagne en sy gesin van Otjiwarongo oor ons pad gekom. Die klein mannetjie wat nou vir akute bloedkanker behandel word, wie se ouers onder groot finansiële druk is weens die bybetalings, medikasie en veral die reis- en verblyfkoste wanneer hulle in Windhoek moet wees. Mediese fondse dek nie altyd sulke alledaagse kostes nie,” vertel Frans-Anthonie Gerber.

Gerber sê wanneer jyself 'n ouer is, ervaar jy die meegevoel soveel nader vir iemand in so 'n situasie en plaas dit jou eie sorge en pyne in perspektief.

“Ons is met sy ouers in kontak. 'n Fonds vir Zu-Andre bestaan reeds en ons ry die Dash om hiertoe by te dra. Ons gaan ry ter bewusmaking van die fonds en sy siektetoestand. Ons vra dat mense wat wil, ons 'n bedrag per kilometer betaal. Ons kan selfs 'n borg se uitdaging aanvaar om teen 'n sekere tyd klaar te maak.”

Gerber, Pierre Knoetze, Duan Spangenberg en Roual Spangenberg, die spanlede van Team Megatron, het almal al tevore die Desert Dash as lede van vier- en tweemanspanne voltooi. In 2018 het Gerber die solo-uitdaging aangepak en was algeheel vyfde en die tweede Namibiër oor die eindstreep, ná Drikus Coetzee.

Die Zu-Andre Kanker Fonds is by Standard Bank se Otjiwarongo-tak (084573), rekeningnommer 60005080281.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!