Vigs 'n epidemie van ongelykhede
Henriette Lamprecht
MIV/Vigs bly die epidemie van ongelykhede. Elias Magosi, uitvoerende sekretaris van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) het op Wêreldvigsdag wat wêreldwyd op 1 Desember herdenk word, gesê hoewel die mees kwesbares soos die jeug, minder bevoorregtes en armes aan die kortste end van die epidemie trek, het die meerderheid inwoners in die meeste lande nou toegang tot MIV-dienste en lewensreddende behandeling soos antiretrovirale middels.
Vanjaar se tema is “Stop Ongelykhede, Stop Vigs”. Hy het gemaan die Covid-19-pandemie het die aandag en hulpbronne van ander lewensbedreigende siektes soos malaria, tuberkulose en ander afgetrek.
"Op hierdie Wêreldvigsdag doen ek 'n beroep op alle SADC-lidlande om die meedoënlose stryd teen MIV en vigs voort te sit om te verseker dat ons ongelykhede uit die weg ruim," het hy gesê.
Magosi het gevra inwoners van SADC-lande moet saamstaan en omvattend die struikelblokke binne die streek, lande en gemeenskappe takel om ’n vigsvrye generasie te verseker.
Hy het gesê vanjaar se herdenking vind onder moeilike omstandighede plaas; in ’n tyd waarin die wêreld steeds teen die Covid-pandemie stry en homself staal vir die onvermydelike bedreiging van ’n vierde golf infeksies.
“Die Covid-pandemie het aandag en hulpbronne van ander lewensbedreigende siektes soos malaria, tuberkulose en ander afgeneem. Ons moet daarom omvattende en sterk maniere vind om hierdie siektes op ’n geïntegreerde manier selfs in hierdie moeilike tye te takel,” het hy gesê.
Vanjaar se tema is volgens hom ’n versoek om alle ekonomiese, maatskaplike, kulturele en regsstruikelblokke uit die weg te ruim wat gelyke toegang tot gesondheid en MIV- en ander dienste beïnvloed om vigs te bowe te kom.
“Soos ons vorentoe beweeg vir ’n gedeelde belofte om vigs teen 2030 te beeïndig, moet ons erken daar is maatskaplike stereotipes wat ons moet konfronteer as ons ons ambisieuse doelwit wil bereik om vigs te stop.”
Magosi het verwys na geslagsgeweld wat een van die sleuteldryfvere van die MIV/vigs-pandemie in die streek is. Hy het gemaan geslagsgeweld, MIV en Covid-19 is ’n driedubbele epidemie in die SADC-streek. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie