Vilho uit die parlement onttrek
Die president het die Nasionale Vergadering opdrag gegee om die voormalige verdedigingsminister te onttrek.
Augetto Graig – Die voormalige minister van verdediging en veteranesake, skout-admiraal Peter Vilho, is nie meer ’n lid van die Namibiese parlement nie. Die parlement het gister ’n brief van Staatshuis ontvang waarin Vilho uit die parlement herroep word.
Aangesien president Hage Geingob aanvanklik vir Vilho tot parlementslid aangestel het, was dit nodig dat so ’n brief vanaf die president se kantoor, of vanaf Vilho self, ingedien word, volgens bronne in die parlement.
Vilho is vroeër die week na staatshuis ontbied om aan president Geingob te verduidelik oor beskuldigings van korrupsie teen hom – spesifiek ’n onverklaarde bankrekening in Hongkong. Dieselfde dag het die kantoor van die president sy bedanking uit sy ministersamp en sy onttrekking uit die regering aangekondig.
Intussen het die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) gesê dieé party is nie bloot met Vilho se bedanking tevrede nie.
“Ons sal die werk van die kantoor van die aanklaer-generaal (AG) en ook die Teenkorrupsiekommissie (ACC) aanhou monitor. Ons wag op die inhegtenisneming van die voormalige minister én ’n ondersoek na korrupsie in die verdedigingsministerie, óf as die AG en die ACC misluk in die uitvoering van hul pligte, het ons reeds streek- en internasionale liggame benader vir hulp om as die AR-beweging vir Vilho privaat te vervolg,” lees hul nuusvrystelling Woensdag.
Die AR-woordvoerder, mnr. Simon Amunime, sê die party is gekant teen korrupsie en het tevore die oudministers van verdediging, Penda Ya Ndakolo, en van onderwys, me. Katrina Himarwa, oor hul korrupsie aangevat en gewen. Ook die oudminister van justisie, mnr. Sacky Shanghala, wat die AR-leier en Windhoekse burgemeester dr. Job Amupanda vir N$500 000 vir naamskending gedagvaar het, kon nie weens hul harde werk nie die tronk vryspring nie.
“Ons deelname in die geveg teen korrupsie was altyd deel van ons stryd,” sê Amunime.
Die AR dring aan Vilho moet vir sy deel in ’n wapentender van 2008 pa staan. Die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, het in 2011 in hofstukke gesê die Chinese maatskappy Poly Technologies het bykans US$500 000 (ongeveer N$3,89 miljoen) na ’n Zambiese bankrekening van die voormalige weermaghoof, lt.genl. Martin Shalli in twee deposito’s van US$249 975 in 2008 en Februarie 2009 inbetaal.
Ander senior militêre offisiere is destyds ook betrek, maar Vilho se volle naam was nooit in haar verslag uitgespel nie. Amunime wil ook hê Vilho moet antwoord oor miljoene wat deur sy ministerie aan August 26 uitbetaal is.
Die ACC-woordvoerder, me. Josephina Nghituwamata, het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê aan hulle kant is geen ondersoek na die ministerie van verdediging óf na August 26 aan die gang nie. Blykbaar benodig die ACC verklarings met beskuldiging van korrupsie om ’n ondersoek in te stel.
Amupunda het dié week op sosiale media gesê daar is geen rede om die ACC met inligting oor korrupsie te nader nie, aangesien die kommissie eerder korrupte amptenare waarsku om onreëlmatighede weg te steek, as om hulle vas te trek. Nghituwamata was gister te besig met vergaderinge om op vrae in die verband te antwoord.
Namibian Sun het vasgestel dat die Namibiese polisie se kommersiële misdaadondersoekafdeling wel ondersoek na August 26 doen, nadat die ministerie van verdediging glo ’n klag van geldwassery en bedrog ter waarde N$200 miljoen by hulle aanhangig gemaak het.
Die polisiewoordvoerder adj.komm. Kauna Shikwambi het die ondersoek bevestig, maar aangedui daar is nog geen spesifieke verdagte nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie