Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut
Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig me. Vincia Cloete is met ingang 1 April as die uitvoerende direkteur aangestel.
Die voorsitter, mnr. Escher Luanda, sê die instituut het die afgelope jare "fenomenale groei" getoon wat sy korporatiewe lidmaatskap betref.
Cloete is 'n toegelate regspraktisyn en direkteur van Lithon Impact Capital, Mcube Investments One Limited en Namport. Sy dien ook op die regsetiek- en ondersoekkomitee van die Prokureursorde (LSN) en is 'n uitvoerende lid van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se Prokureursvereniging (SADC LA).
Cloete beskik benewens grade in die regte en rekeningkunde, ook oor 'n meestersgraad in intellektuele eiendomsreg van Stellenbosch Universiteit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie