Vinnig, intiem en anders
Yolanda Nel
Die rustige atmosfeer laat hierdie eetplek soos vakansie voel
Yolanda Nel - Effe weggesteek, staan drie helder groen tafeltjies en stoele. Ons word vriendelik gegroet en na ons sitplek beduie, wat ons vooraf bespreek het.
Die klein Bonsai Bistro maak die ontmoeting meer intiem. Die spyskaart is op 'n groot swart muur geskryf en kliënte kan sommer in die yskas kom kyk wat hulle wil eet, net soos in my ma se huis. Omdat die kos reeds voorberei is, maak dit dit veral vir kliënte makliker wat nie tyd het om te sit nie, maar nog steeds iets lekker wil geniet.
Die verskeidenheid sappe fassineer my, maar die komkommer-, appel- en spinsasie-sap was reeds uitverkoop vir die dag. Tog was die lemoen-, pynappel- en wortelsap waarop ek besluit het, heerlik. Die bestuurder het my kom vra of ek regtig 'n strootjie nodig het, so saam-saam lyk dit my gaan ons die plastiekkrisis verminder.
Die feit dat die sappe vars voorberei word, is nog 'n pluspunt. My metgeselle geniet elkeen 'n cappuccino, afgerond met 'n hartjie in die melkskuim.
Hierdie bistro maak beslis voorsiening vir diegene met spesifieke dieetvereistes van gluten-vry tot vegan. Daar is tot gluten-vrye souttert beskikbaar. Ons geniet vars brötchens met blaarslaai, ham, kaas en tamatie. Ek is waaghalsig en geniet 'n haselneut bruintjie waaroor ek nie eers hoef skuldig te voel nie. Ek sal bieg, na die eerste hap het ek hardop gewonder waar die suiker is, maar hoe langer ek gehap het, het ek besef ek het nie eers regtig die suiker nodig nie.
Hulle spog met koffie van Deluxe Coffee Works en heerlike koeke laat ons monde skoon water. Hulle doen ook koeke en spyseniering vir funksies, van verjaarsdae tot verlowingspartytjies.
Bonsai Bistro mag dalk na 'n nuwe eetplek klink, maar dit was voorheen bekend as Bread n Butter.
Hulle het ook na 'n nuwe adres geskuif en kan nou in Bergstraat in Klein Windhoek gevind word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie