Vinniger, varser nuus vir verre Suide!
Vinniger, varser nuus vir verre Suide!

Vinniger, varser nuus vir verre Suide!

Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee



Lesers in die verre Suide hoef nie meer 'n dag of twee vir hul gunsteling- Afrikaanse dagblad te wag nie, want alle Namibia Media Holdings (NMH)-koerante sal vanaf 3 April vanjaar daagliks op hul dorpe beskikbaar wees.

Inwoners van Karasburg, Grünau, Aussenkehr en Noordoewer sal nou daagliks toegang hê tot die varsste nuus. Dit boonop in Afrikaans, Engels én Duits.

Ettienne Kotze, NMH se sirkulasiebestuurder, sê die doel van dié verwikkeling is om 'n beter diens aan lesers te verskaf .

“Ons hou lesers in die verafgeleë gebiede van Namibië ingelig met daaglikse nuus in hul eie taal. Dié gemeenskappe is nie almal voorheen bedien nie,” sê Kotze.

Lesers kan vanaf Maandag hul gunstelingkoerante by Karas Spar, Hanzell Trust Puma Service Station en Shoprite Usave op Karasburg kry.

Kaap Agri by die Shell-diensstasie op Grünau sal lesers in daardie omgewing bedien en Engen One Stop Noordoewer asook Noordoewer Supermark in dié gebied sal NMH-koerante beskikbaar hê.

Aussenkehr sal ook baat by die nuwe, suidelike roetes en inwoners van hierdie bedryfsdorpie kan vir die heel eerste keer by die Spar inloer vir 'n koerant.

“Nou kan almal elke dag toegang tot dieselfde gehalte inligting as die res van die land hê,” sê Kotze.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!