Vinnigste motor ter wu00eareld is elektries
Vinnigste motor ter wu00eareld is elektries

Vinnigste motor ter wêreld is elektries

Met sy moderne ontwerp en elektriese enjin kan dié pad-monster 100 km/h binne minder as twee sekondes haal.
William Horne – ’n Nuwe Italiaanse “hipermotor” is die koning van spoed wat selfs Ferrari en Lamborghini uitstof – en dit terwyl hy geheel en al elektries is met geen koolstofvrystellings nie.

Die Battista deur die vervaardiger Pininfarina is vandeesweek op die Geneefse motorskou bekend gestel. Met sy moderne ontwerp en elektriese enjin kan dié pad-monster 100 km/h binne minder as twee sekondes haal.

Die Battista het ’n topspoed van sowat 402 km/h, en kan 450 km ver ry tussen herlaaiings. Dit kos ’n koel £2 miljoen, berig die BBC.

Volgens Pininfarina is die Battista se remperdekrag 1 900, bykans dubbeld dié van ’n Formule 1-motor, en tien keer meer as ’n Volkswagen Polo 1,4 TSi.

Pininfarina is geen beginneronderneming nie. Die maatskappy, wat onlangs deur die Indiese motorvervaardiger Mahindra verkry is, is al sedert die begin van Italiaanse supermotors betrokke by hul ontwerp.

Pininfarina was onder meer dekades lank verantwoordelik vir die buite-ontwerp van Ferrari se motors, berig Forbes. Maar die maatskappy het nooit die kapitaal of vermoëns gehad om sy eie enjins en interne ontwerp onafhanklik te ontwikkel nie – tot nou.

Met Mahindra se finansiële ondersteuning kon die Battista die lig sien. Daar word beoog om slegs 150 eenhede te vervaardig wat teen 2020 verskeep sal word.

Paolo Pininfarina, voorsitter van Pininfarina en kleinseun van die stigter van die maatskappy, het aan die BBC gesê dit was vir hulle belangrik om iets beeldskoon te skep.

“Ons is ontwerpers, ons is Italiaans. Ons kon nie die motor se skoonheid kompromitteer nie,” sê hy.

“Om ’n motor met soveel krag, wringkrag en spoed te ontwerp, sonder enige uitlaatgasse, is na ons mening merkwaardig,” sê hy.

Die Battista – vernoem na die maatskappy se stigter Battista “Pinin” Farina – sal nie die enigste elektriese voertuig wees wat deur Pininfarina vervaardig word nie, berig Bloomberg.

Die plan is om uiteindelik ’n reeks elektriese voertuie, waaronder ’n sportnutsvoertuig, te vervaardig, hoewel die bedoeling is om stewig in die luukse marksegment te bly. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!