Vioolsdrift-grenspos weer oop nu00e1 staking
Vioolsdrift-grenspos weer oop nu00e1 staking

Vioolsdrift-grenspos weer oop ná staking

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer - Die Vioolsdrift-grenspos tussen Namibië en Suid-Afrika is weer oop vir verkeer nadat die immigrasiebeamptes wat dit beman, glo gister gestaak het uit protes omdat daar nie water was nie.
Die polisie se streeksbevelvoerder in die ||Kharasstreek, komm. David Indongo, het Woensdag ’n brief aan die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, geskryf en hom gevra om dringend in te gryp.
Volgens hom het al die Suid-Afrikaanse beamptes by dié grenspos op 13 Mei hul werksaamhede gestaak. “Ons het inligting ontvang dat dit môre (Donderdag 14 Mei) na die Nakop-grenspos kan oorspoel,” lui sy brief. Dié grenspos is aan die Suid-Afrikaanse kant van die grens by Ariamsvlei.
Indongo spreek sy vrees uit dat die situasie die vervoer van noodsaaklike goedere en dienste tussen Namibië en Suid-Afrika kan beïnvloed.
Lorriedrywers op ‘n WhatsApp-groep van die vervoer- en logistiekbedryf het pas in reaksie op ’n navraag deur Republikein oor die kwessie, gesê die grenspos is oop en verkeer vloei weer vrylik.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer